Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fireballs spel gevaar vir Stings

Moenie die gekweste Fireballs onderskat nie.

Dit is die boodskap wat netbalondersteuners van die Southern Stings Saterdag aan hul span moet stuur.

Alice Kennon van die Jaguars (links) wen Vrydag balbesit met Ancia Pienaar van die Stings wat probeer keer in die spanne se netbalwedstryd in die Nasionale Liga in Bloemfontein. Die Noord-Gautengers was met ses doele baas nadat die vorige wedstryd tussen die spanne met 35-35 gelykop geëindig het. Foto: Verskaf

Die Wes-Kapenaars het Vrydag in die Nasionale Liga met 32-38 teen die Noord-Gautengse Jaguars vasgeval en op die pad beland waar hy nié wil wees nie – die vierde plek op die puntelys.

Dit is waar geeneen van die halfeindspanne hulle wil bevind nie, want dit beteken hulle speel Sondag teen die Jaguars.

Die Pretorianers het met Vrydag se oorwinning in hul voorlaaste rondewedstryd hul plek bo aan die puntelys vasgemessel. Die verdedigende kampioen is nog onoorwonne en het nou 17 punte.

Hulle sal in die halfeindronde te staan kom teen die span wat vierde eindig.

Die Stings kan nog die vierde plek vermy as hulle Saterdag met die Gautengse Fireballs afreken. Hul nege punte sal dan 11 word. Die Vrystaatse Crinums sal waarskynlik op 12 punte klaarmaak want hulle kom teen die segelose Kingdom Stars te staan.

’n Wedstryd tussen twee en drie is veel meer haalbaar as om die driemalige kampioen in die halfeindronde te pak.

Rolene Streutker van die Crinums gee Vrydag die bal uit na ’n spanmaat, met die Fireballs se Tinita van Dyk wat oor haar skouer loer. Die Vrystaters het naelskraap met 40-38 gewen. Foto: Verskaf

Opwindende netbal is Vrydagoggend tussen die Crinums en die Fireballs gesien. Ongelukkig was dié wedstryd nie Vrydagaand se 19:00-kragmeting nie.

Die Crinums het in die laaste twee minute foute van hul teenstander uitgebuit om met 40-38 deur te skuur.

Hul aanval is soos gewoonlik gelei deur hul kaptein en hulpdoel, Léfebre Rademan, wat seker nog elke minuut van die toernooi gespeel het.

Die Fireballs was uitgedun met drie eerstekeusespelers wat op die krukkelys is – Zanele Vimbela, Juzelri Garbers en Talja Venter.

Hulle het egter baie veggees gewys en byna die uitklophou geplant.

Hoe die oorblywende 11 spelers gaan herstel om die Stings te pak is ’n ope vraag.

Burta de Kock, die Crinums-afrigter, sê haar span speel om die halfeindronde te haal, maak nie saak wie hul teenstander is nie.

Die Flames van Noordwes het die Stars met 48-30 geklop, maar dit het geen impak nie, want hulle is steeds vyfde en die Stars sesde.

• In Afdeling B is die Tornados van die Wes-Kaap voor met 14 punte nadat hulle die Limpopo Baobabs met 34-30 geklop het.

Saterdag se program: 08:00: Aloes t. Baobabs; 10:00: Crinums t. Stars; 12:00: Stings t. Fireballs; 14:00: Sunbirds t. Diamonds; 16:00: Jaguars t. Flames; 18:00: Tornados t. Queens.

Sondag: 14:00 en 16:00 halfeindronde.

TV: Vanaf 14:00 op Variety 4 (209).

Meer oor:  Netbal  |  Nasionale Netballiga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.