Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Floyd 'oefen skaars' vir McGregor

Die Amerikaanse bokser Floyd Mayweather het glo omtrent net ’n paar opstote en ’n paar opsitte gedoen ter voorbereiding van sy veelbesproke geveg in 2017 teen die gemengde gevegskunskampioen Conor McGregor.

Mayweather het volgens World Boxing News hierdie week aan Revolt TV onthul dat hy nie juis bekommerd was oor die kragmeting met McGregor nie.

Floyd Mayweather vertel nou hy het maar min geoefen voor sy geveg in 2017 teen Conor McGregor. Foto: Getty Images

Mayweather het die geveg in die MGM Grand-arena met ’n tegniese uitklophou in die tiende ronde gewen.

“Ek het nie regtig vir die geveg geoefen nie. Al wat ek gedoen het, was opstote en opsitte. Dis al wat ek gedoen het. Opstote en opsitte. Ek het so ’n bietjie geskerm en die sak so ’n paar keer geslaan,” het Mayweather gesê.

Volgens hom het hy op verskillende plekke vir die geveg voorberei.

Conor McGregor het gedurende die bra vrot geveg teen Floyd Mayweather nou en dan vergeet dat hy in ’n bokskryt was. Foto: Getty Images

“Ek sou ’n paar dae in Vegas oefen. Partykeer het ek vir ’n week nie by die gimnasium uitgekom nie,” het hy gesê.

Maar Mayweather sê wel hy het die geveg tog ernstig opgeneem, want hy wou ’n “bietjie pret” gehad het en “mense vermaak.”

Hy het hom glo nie vooraf bekommer oor wat McGregor gedurende die geveg sou kon doen nie.

“Ek hoef nie enige beeldmateriaal van enige vegter te ontleed nie, want ek is Floyd Mayweather. Almal moet my dophou.”

Daar was ’n tydjie gelede sprake dat die 42-jarige Mayweather vanjaar weer teen Manny Pacquiao, vir wie hy in 2015 met punte verslaan het, sou boks.

Dit klink egter nou eerder of Mayweather probeer om ’n geveg tussen Pacquiao en McGregor te reël.

Meer besonderhede oor só ’n geveg kan glo binnekort bekend gemaak word.

Meer oor:  Boks  |  Conor Mcgregor  |  Floyd Mayweather
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.