Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Formule 1 hou ook asem op vir tifoon Hagibis
’n TV-skerm in Japan toon beelde wat die naderende tifoon Hagibis vergelyk met die tifoon Faxai, wat Tokio in September getref en heelwat skade aangerig het. Hagibis is aansienlik groter as Faxai. ’n Tifoon van dié omvang het Japan jare laas getref. Foto: Getty Images

Dis nie net die reëlingskomitee van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan, wat die naderende tifoon Hagibis met valkoë dophou nie, die organiseerders van Sondag se Japanse Formule Een-Grand Prix in Soezoeka is net so besorg oor die potensiële impak wat dit op dié wedren kan hê.

Daar word voorspel dat Japan die naweek deur een van die gewelddadigste tropiese storms in etlike jare getref sal word. Die Tokio-gebied, aan die ooskus van die hoofeiland, Honsjoe, sal na verwagting die ergste geraak word.

Daar word voorspel dat Japan die naweek deur een van die gewelddadigste tropiese storms in etlike jare getref sal word.

In ’n ongekende stap is Saterdag se wedstryde tussen Engeland en Frankryk in Jokohama en tussen Nieu-Seeland en Italië in Toyota Donderdagoggend as voorsorgmaatreël gekanselleer. Dis die eerste keer in Wêreldbeker-geskiedenis dat wedstryde afgelas word.

Dié kragmetings word as 0-0-gelykopuitslae beskou, met elke span wat twee punte verdien.

Engeland en Frankryk het reeds vir die kwarteindronde gekwalifiseer, maar danksy dié reëling sal die Engelse boaan groep C eindig.

Die span wat die ergste geraak word, is Italië, wat van die kans ontneem word om ’n skok-oorwinning oor die All Blacks te behaal en dalk nog by die agterdeur na die kwarteindronde deur te glip.

Lewis Hamilton, vyfmalige wêreldkampioen en voorloper op vanjaar se Formule Een-puntelys, gee Donderdag sy handtekening aan ’n aanhanger langs die Soezoeka-baan in Japan.Foto: AP

Wêreldrugby sal Sondag eers besluit of Japan en Skotland se deurslaggewende wedstryd in Jokohama kan voortgaan. Dít sal afhang van die skade wat die tifoon aanrig aan die geriewe, die vervoer-infrastruktuur en of dit veilig sal wees om die wedstryd te speel.

Terselfdertyd het die FIA, beheerliggaam vir internasionale motorsport, ook gesê dat hy in oorleg met die Japanse Automobielfederasie alles in sy vermoë doen om te voorkom dat die tifoon die Grand Prix in Soezoeka – sowat 300 km suidwes van Tokio – ontwrig.

“Ons probeer enige ontwrigting tot ’n minimum beperk, maar die veiligheid van die ondersteuners, deelnemers en almal wat by die Soezoeka-baan werksaam gaan wees, is ons top-prioriteit,” lui die FIA se verklaring.

* Intussen het die reëlingskomitee van die Olimpiese Spele in Tokio volgende jaar ook aangekondig dat ’n BMX-byeenkoms, wat die naweek as ’n proeflopie vir 2020 se Spele sou dien, gekanselleer is. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Lewis Hamilton  |  Soezoeka  |  Japan  |  Tifoon  |  Grand Prix  |  Formule Een  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.