Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Formule E-renmotors kom Kaap toe

Terwyl daar al jare bespiegel word dat Kaapstad ’n Formule Een-Grand Prix kan aanbied, het Formule E nou eerste sy kans gekry.

Mitch Evans van Nieu-Seeland en die Brit Sam Bird, albei van Jaguar, verlede maand in aksie tydens die Puebla E-Prix II in Mexiko. Foto: LAT Images

Daar is Vrydag aangekondig dat die Moederstad aanstaande jaar gasheer sal wees vir een van die renne in die wêreldkampioenskap vir elektriese renmotors.

Formule E val onder die internasionale beheerliggaam (FIA) en die eerste seisoen van dié formaat het in 2014 plaasgevind.

Die Kaapstadse wedren sal op 26 Februarie aangebied word op ’n baan wat nog bepaal moet word.

Dit sal die derde wedren in die reeks wees nadat die aksie einde Januarie in Diriyah, Saoedi-Arabië, afskop.

Mexikostad is op 12 Februarie die gasheer vir die tweede ren.

Luidens ’n verklaring sal dié motorwedren Kaapstad se Covid-19-regrukplan ’n hupstoot gegee, sowel as die ekonomie en toerismebedryf.

In die drie jaar dat Formule E in Hongkong aangebied is, het dit na raming sowat R1,4 miljard tot die stad se ekonomie bygedra.

Formule E het Kaapstad in 2019 genader met die voorstel om ’n wedren in die wêreldkampioenskap aan te bied.

Jaguar Land Rover Suid-Afrika was deel van die onderhandelinge en Richard Gouverneur, die besturende direkteur, sê dit is ’n geskiedkundige eerste vir Suid-Afrika.

Suid-Afrikaanse motorgeesdriftiges kon laas in 1993 aksie eerstehands ervaar toe die Suid-Afrikaanse F1-Grand Prix op Kyalami in Midrand aangebied is.

’n Red Bull-vertoonwedren is in Junie 2019 in die Kaapse middestad aangebied en het groot belangstelling ontlok.

Kaapstad het ook al baantydrenne (Rallycross) in die wêreldreeks op Killarney aangebied, asook die “Drift City” op die Parade. – Sportredaksie

Meer oor:  Motorsport  |  Kaapstad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.