Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Formule Een kry dalk 24 wedrenne

Formule Een se kalender kan moontlik binnekort uitbrei tot 24 wedrenne binne ’n enkele kalenderjaar.

Chase Carey, uitvoerende hoof van Formule 1. Foto: Getty Images

Dit is die mening van Chase Carey, uitvoerende hoof van Formule Een, met organiseerders wat oorweeg om nie net meer wedrenne in te bring nie, maar ook bane roteer.

F1 het reeds voorlopig ’n rekordgetal van 23 wedrenne vir 2021 gereël. Dit sal egter afhang van die Covid-19-pandemie wat reeds organiseerders forseer het om hierdie seisoen se skedule in Europa en die Midde-Ooste te beperk.

Carey, wat in Januarie plek sal maak vir Stefano Domenicali, die voormalige Ferrari-spanbaas, het met beleggers gepraat.

“Ons verwag om binne die volgende paar jaar 24 wedrenne op die kalender te hê. Ons sal waarskynlik bane roteer sodat ons nuwe vennote kan akkommodeer,” sê hy.

“Hulle sal egter beperk wees want vennootskappe op lang termyn bly ons prioriteit.”

F1 het vanjaar twee nuwe wedrenne gehad weens die pandemie, by die Algarve-baan in Portugal en by Mugello in Italië. Die wedrenne in Nuerburgring, Imola en Istanbul is ook vir die eerste keer in jare terug.

Daardie bane het ingestaan vir ander wat gekanselleer moes word.

Vanjaar kon net 17 wedrenne ingepas word.

Saudi-Arabië sal volgende jaar ’n nagwedren in Jeddah aanbied.

F1 het nog nooit meer as 21 rondes in ’n enkele seisoen gehad nie en die uitbreiding daarvan wek kommer oor die druk wat dit op spanne kan plaas.

Carey sê F1 se kykersgetalle was vanjaar effens meer as in 2019 ondanks dat Mercedes oorheers het om vir die sewende agtereenvolgende jaar as kampioene gekroon te word en ’n swak vertoning deur Ferrari. – Reuters

Meer oor:  Chase Carey  |  Grand Prix  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Formule 1-Ren  |  F1
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.