Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Formule 1-seisoen tot 22 renne vergroot

Die Formule Een-spanne het ooreengekom dat die Grand Prix-seisoen aanstaande jaar tot 22 renne vergroot kan word.

Daar mag egter nie meer as die bestaande tien spanne deelneem nie.

Toto Wolff, Mercedes se spanbaas. Foto: Getty Images

Liberty Media, kommersiële eienaar van die F1, het die tien spanbase gevra om te oorweeg dat die seisoen van 21 tot 22 renne vergroot word, het Toto Wolff, Mercedes se grootbaas, bevestig.

“In ’n neutedop het ons in beginsel op 22 renne ooreengekom, maar nie op meer spanne nie,” het Wolf Sondag voor die aanvang van die Hongaarse Grand Prix gesê.

Die spanbase het Saterdag vergader.

“Ons moet Liberty die kans gee om sy werk te doen, en sy werk is om Formule Een te laat groei. As hy nuwe promotors (vir renne) kan lok, moet ons hom steun,” sê Wolff.

“Ons moet egter nie peuter aan die tegniese aspekte ter wille van ’n bykomende ren nie. Dit is waaroor ons gedebatteer het. Dit moenie beskou word as ’n geleentheid om te sê ‘hoera! kom ons laat meer spanne op die wegspringrooster toe nie’.”

Volgende seisoen sal dus tot 22 renne vergroot word, met Viëtnam en Nederland wat die nuwe gashere sal wees en Duitsland wat waarskynlik nie sy kontrak sal verleng nie.

Daar is steeds onsekerheid of Mexiko finansiering vir sy wedren sal kry, maar die F1-base is gretig dat dié ren sal voortgaan.

Spanje en Italië het ook nog nie hul promotorskontrakte vir die nuwe seisoen onderteken nie, al is dit op plaaslike regeringsvlak goedgekeur.

– Reuters

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Fia  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.