Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fransman vinnigste in koue
Fabio Quartararo
’n Beseerde Fabio Quartararo gister nadat hy hard in Spanje tydens ’n oefensessie geval het. Foto: Motogp.com

MotoGP se topjaers moet vanjaar nie net met mekaar afreken nie, maar moet ook blykbaar meer as gewoonlik aanslae van die weer en gesondheidsprobleme afweer.

Die veteraan Valentino Rossi het in die week gehoor hy is positief vir die koronavirus getoets, wat beteken hy tree nie aan vir die motorfiets-Grand Prix van Aragón in Spanje nie.

Dit laat Yamaha met nog drie topjaers wat om die kroon meeding.

Maar toe trek die koue die manne eers weer ’n streep.

Die baan was Vrydag so koud dat die eerste oefensessie uitgestel is omdat hul bande nie veilige temperature kon bereik nie. Die kampioenskapsvoorloper, Fabio Quartararo (Petronas Yamaha), het onder andere met die gruis kennis gemaak.

Gister was die baantemperatuur wel beter, maar die Fransman het weer geval, in die laaste oefensessie voor kwalifisering. Hy het hard op sy heup te lande gekom nadat sy fiets hom afgesmyt het en kon daarna kwalik loop, maar is wel fiks genoeg verklaar om voort te gaan.

Hy ken klaarblyklik van vasbyt – enkele ure later het hy die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel om vandag voor weg te spring, al klim hy sukkel-sukkel in die saal. Dit is ’n hupstoot vir sy poging om sy voorsprong van net tien punte bo Joan Mir (Suzuki) te vergroot. Mir is sesde op die wegspringrooster.

Langs Quartararo op die voorste ry is Maverick Viñales (Monster Yamaha) en Cal Crutchlow (LCR Honda). Viñales lê tans vierde in die kampioenskap, maar is heel moontlik die grootste bedreiging vir Quartararo se ambisies. Veral nadat Andrea Dovizioso (Ducati), wat derde in die kampioenskap is, gister maar in die 13de plek gekwalifiseer het.

Brad Binder spring langs hom in die vyfde ry en op die 14de plek weg.

Binder het weer eens nie ’n goeie Vrydag beleef nie, hoewel hy in die derde oefensessie darem die tiende beste tyd opgestel het.

Hy het dit reggekry om gister tydens kwalifisering minstens een blitsige rondte af te lê, maar dit was steeds nie genoeg om hom ’n staanplek in die belangrike eerste drie rye van die rooster te gee nie.

Vandag kan daarom maklik ’n stryd word tussen die Yamaha-jaers indien daardie heup nie vir Quartararo te veel opkeil nie.

Sy spanmaat, Franco Morbidelli, spring vierde weg.

Maar die twee Suzuki’s hang steeds soos aasvoëls net buite sig rond.

En dan is daar Jack Miller op sy Pramac Ducati. Die dag wanneer sy geluk draai, gaan hy almal se kaarte deurmekaar krap.

  • Darryn Binder spring 11de weg in die Moto3-ren.
Meer oor:  Koue  |  Motogp  |  Spanje  |  Brad Binder  |  Fabio Quartararo  |  Aragón
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.