Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Chris Froome 8 uur op operasietafel
Jim Ratcliffe, die eienaar van die Ineos-span, en Chris Froome. Foto: Getty Images

Die Britse fietsryer Chris Froome het ’n operasie van agt uur ondergaan om gebreekte bene te heg en sal twee tot drie dae in die waakeenheid wees ná ’n groot valslag Woensdag in Roanne, Frankryk.

Hy het Woensdag voor die vierde skof van die Criterium du Dauphine teen ’n hoë spoed teen ’n muur gebots.

Froome sal nie in Julie aan die Tour de France kan deelneem nie.

Die viermalige Tour-kampioen het veelvuldige beenbreuke opgedoen, waaronder in die bobeen, elmboog en ribbes.

Hy het die roete verken voor Woensdag se individuele tydtoets oor 26,1 km.

“Hy is in ’n hospitaal in St. Etienne. Sy operasie het agt uur geduur, het Dave Brailsford, bestuurder van die Ineos-span, aan die Franse koerant Le Dauphine Libere gesê.

Die hospitaalpersoneel was ongelooflik. Die beserings was so ernstig dat hy so gou moontlik geopereer moes word.
Dave Brailsford

“Ons sal kyk of ons hom ná so twee of drie dae huis toe kan stuur.

“Die hospitaalpersoneel was ongelooflik. Die beserings was so ernstig dat hy so gou moontlik geopereer moes word.”

Brailsford sê Froome is “steeds bewusteloos”.

Die Walliser Geraint Thomas, die verdedigende kampioen, en die Colombiaan Egan Bernal sal in Froome se afwesigheid Ineos se aanslag in die Tour lei.

Dié span het as Team Sky ses van die laaste sewe Tours gewen.

Die Tour begin op 6 Julie in Brussel, België. – Reuters

Meer oor:  Chris Froome  |  Fietsry  |  Tour De France  |  Operasie  |  Val
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.