Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Froome behou voorsprong in Vuelta

Chris Froome het Saterdag die eerste van twee opeenvolgende bergpiek-eindpunte oorleef om sy greep op die Vuelta a Espana se rooitrui te behou.

Hy het die 14de skof in die vierde plek klaargemaak en het slegs vier sekondes van sy algehele voorsprong aan Vincenzo Nibali, sy naaste teenstander, afgestaan.

Chris Froome kon Saterdag die rooitrui by die Vuelta behou. Foto: Getty Images

Die Pool Rafal Majka het die 14de skof met ’n indrukwekkende 27 sekondes gewen.

“Ek voel regtig goed. Ek het na die Vuelta gekom met die doel om die algemene klassifikasie te wen.

“Ek was egter siek oor die eerste paar dae en het amper huis toe gegaan. Nou is ek net gelukkig. Nie vir my nie, maar vir my spanmaats,” het Majka ná sy skofoorwinning gesê.

“Hulle het my vertrou en goed vertoon. Ek was baie selfversekerd. Ek het sterk bene gehad. So 10 km van die eindstreep het ek geweet ek moet vet gee.”

Nibali het die skof in die derde plek klaargemaak.

Froome, wat steeds ’n bloederige regterknie en linkerelmboog het van ’n vroeëre tuimel, het hom vir groot dele van die skof aan die agterkant van die rooitruibondel bevind.

Met twee derdes van die wedren wat egter reeds voltooi is, het Froome ’n voorsprong van 55 sekondes bo sy naaste teenstanders.

Indien die Brit aan sy voorsprong kan vasklou, sal dit die eerste keer in 39 jaar wees wat dieselfde persoon die Tour de France en die La Vuelta wen. – Reuters

Meer oor:  Vuelta A Espana  |  Chris Froome
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.