Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Froome en Thomas trap in Italië

Terwyl die wêreld se voorste fietsryers tans aan die Tour de France deelneem, sal Chris Froome en Geraint Thomas van Maandag af aan die Tirreno-Adriatico-wedren in Italië deelneem.

Chris Froome neem van Maandag af in Italië deel. Foto: Getty Images

Die twee, wat die Tour vyf maal tussen hulle gewen het, is oor die hoof gesien vir die Ineos Grenadiers se span vir die wêreld se prestigeryke wedren.

Die Tirreno-Adriatico word oor agt skofte beslis, met die eerste, oor 133 km, wat in Lido di Camaiore sal plaasvind.

Froome (35) fokus vanjaar op die Vuelta a España, terwyl die 34-jarige Thomas se mikpunt vir die jaar die Giro d’Italia is.

Nog ’n Brit, Mark Cavendish (Bahrain-McLaren), wat ook nie vir die Tour gekies is nie, sal ook in aksie wees. Die 35-jarige Cavendish spog met 30 skofseges in die Tour, met net die legendariese Belg Eddy Merckx wat meer skofte in sy loopbaan gewen het.

Merckx, ’n vyfmalige algehele wenner van die Tour, spog met 34 skofseges agter sy naam. – Reuters, Sportredaksie

Meer oor:  Tirreno-Adriatico  |  Tour De France  |  Chris Froome  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.