Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Froome maak geskiedenis in Giro

Chris Froome het sy naam in fietsry se geskiedenisboeke geskryf toe hy Sondag die eerste Brit geword het om die Giro d’Italia-titel te wen.

Chris Froome, van die Britse Sky-fietsryspan, Sondag met die trofee wat hy in die Giro d’Italia gewen het. Dit is die Brit se eerste titel in die Italiaanse fietstoer. Foto: Reuters

Hy het die eerste keer sedert 2010 aan dié uitmergelende toer deelgeneem en die een Grand Tour-titel wat hom ontwyk het, by sy versameling gevoeg.

Dié 33-jarige sluit hom aan by ’n uitgelese klub, saam fietsry-grotes soos Eddy Merckx en Bernard Hinault, as een van net drie ryers wat al drie Grand Tours ná mekaar gewen het – die Tour de France, die Vuelta a España en die Giro.

Froome het 46 sekondes voor verlede jaar se wenner, Tom Dumoulin, geëindig.

Die Colombiaan Miguel Ángel López het derde klaargemaak.

“Dit is vir enige fietsryer ’n droom om al drie voorloperstruie in die tien maande te dra,” het hy gesê.

“Om eindelik dié ren te wen, is ongelooflik.”

Nadat hy aanvanklik in die Giro gesukkel het, het hy sy sukses behaal danksy ’n verstommende vertoning in Vrydag se 19de skof, wat hom in beheer geplaas het.

Sondag se 21ste skof was grootliks ’n formaliteit.

Die ryers het ’n sirkelroete van 115 km in die middestad van Rome afgelê.

Froome moes dié skof net sonder probleme voltooi om die titel syne te maak.

Die Brit het ook die bobaas van die berge-afdeling gewen.

Sam Bennett van Ierland het sy derde skofoorwinning behaal. Elia Viviani van Italië was tweede en Jean-Pierre Druker van Luxembourg derde.

Benjamin King was die voorste ryer van Suid-Afrika se Dimension Data-span.

Dié Amerikaner het in die 44ste plek algeheel geëindig.

DiData het in die spanafdeling 13de geëindig. – Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.