Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Froome maak litte los in Laeveld

Die viermalige Tour de France-kampioen Chris Froome oefen tans in Suid-Afrika vir die komende padfietsry-seisoen.

Chris Froome in aksie tydens 2018 se Giro d’Italia. Foto: Reuters

Dié 33-jarige Brit het op Twitter ’n foto gedeel van die natuurskoon buite Graskop in Mpumalanga, met die hutswoord #southafrica en ’n emotikon van ’n Suid-Afrikaanse vlag daarby.

“Die beste uitsig is ná die moeilikste klim.”

Dit is nie die eerste keer dat dié boorling van Kenia, wat gematrikuleer het aan St John’s College, in Johannesburg, in die Laeveld voorberei nie.

En dit lyk asof Froome, ten spyte van die omstredenheid wat hom verlede jaar agtervolg het oor die gebruik van ’n verbode middel, ’n vriend of twee in Suid-Afrika gemaak het.

Quintin Joseph se inskrywing op Facebook. Foto: Facebook

Ene Quintin Joseph sê op Facebook Froome is ’n “ongelooflike mens”.

“Deur genade het hy ingestem vir my versoek om ’n foto. Ek sal die oomblik terwyl die foto’s geneem is en ons ’n geselsie aangeknoop het vir die res van my lewe koester,” het hy geskryf.

Froome was lank in die spervuur nadat hy tydens 2017 se Vuelta a España ’n ontoelaatbare vlak van salbutamol in sy bloed gehad het.

Froome en sy Sky-span het volgehou die gebruik van sy asmapompie het tot die positiewe toets aanleiding gegee.

Die Internasionale Fietsryunie het hom vrygespreek, maar nie almal het in sy onskuld geglo nie.

Froome, wat in 2013, 2015, 2016 en 2017 die Tour de France gewen het, moes verlede jaar met die derde plek tevrede wees.

So ernstig is hy daaroor om vanjaar by ’n uitgelese geselskap aan te sluit wat die Tour vyf keer kon wen, dat hy verlede week aangekondig het hy gaan nie vanjaar sy titel in die Giro d’Italia verdedig nie.

Meer oor:  Chris Froome  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.