Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Froome uit Tour de France ná erge val

Die Britse fietsryer Chris Froome sal nie volgende maand aan die Tour de France deelneem nie.

Hy het Woensdag “ ’n slegte fraktuur” opgedoen ná ’n groot valslag voor die vierde skof van die Criterium du Dauphine, sê Dave Brailsford, bestuurder van die Ineos-span.

Chris FroomeFoto: Getty Images

Froome (34) het voor Woensdag se individuele tydtoets oor 26,1 km die roete rondom Roanne, Frankryk, verken toe hy teen ’n hoë spoed teen ’n muur gebots het. Hy is na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Brailsford sê Froome, ’n viermalige Tour-wenner, het waarskynlik ’n bobeen gebreek.

“Dit is ’n ernstige ongeluk. Hy sal nie by die Tour aantree nie. Dit sal lank neem voordat hy weer kan deelneem,” het Brailsford aan ’n Franse TV-stasie gesê.

Die Dauphine word tot Sondag in Frankryk en Switserland beslis en is ’n losmaker vir die Tour, wat op 6 Julie begin.

“Hy is erg beseer. Dit klink soos ’n fraktuur van die bobeen. Ons sal seker maak hy kry die beste behandeling.

“Die volgende uur en ’n half is kritiek,” het Brailsford gesê.

“Hy het op ’n afdraande teen ’n hoë spoed teen ’n muur gebots.

“ ’n Ambulans was gou op die toneel, waar hy behandel is voordat hy per helikopter na Lyon of Saint-Etienne geneem sou word.”

Froome se vrou, Michelle, het later op sy Twitter-rekening gesê hy is op pad na ’n hospitaal en sy beserings is nog nie bevestig nie.

“Ek sal later meer inligting gee,” het sy gesê.

Froome en sy spanmaat Geraint Thomas was een van die vroeë voorlopers vir die Tour. – Reuters

Meer oor:  Criterium Du Dauphine  |  Chris Froome  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.