Die Britse bokser Tyson Fury het sy vennootskap met die afrigter Ben Davison beëindig twee maande voor sy herontmoeting in Februarie met die Wêreldboksraad se swaargewigkampioen, Deontay Wilder.

Tyson Fury (links) en Ben Davison se werksverhouding is verby. Foto: Getty Images
Fury het Javan “Sugar” Hill betrek om hom met sy voorbereiding te help.
“Ek en Tyson moes albei besluite maak ter wille van ons loopbane en dit het daartoe gelei dat ons werksverhouding tot ’n einde gekom het,” het Davison oor die besluit gesê.
“Ons is steeds vriende en hy gaan met Wilder afreken.”
Davison en Fury werk sedert 2007 saam en Fury het op Instagram bevestig Hill sal hom help om vir die Wilder-geveg voor te berei.
Hill is die susterskind van die ontslape Emanuel Steward, wat Fury in die verlede afgerig het.
Fury en Wilder pak mekaar op 22 Februarie in Las Vegas.
– Reuters