Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury en Wilder kyk mekaar diep in die oë

Tyson Fury en Deontay Wilder het Dinsdag moontlik die “aangluur”-wêreldrekord verbeter.

Die twee boksers, wat op 24 Julie in Las Vegas vir die derde keer teen mekaar gaan veg, het mekaar behoorlik uitgekyk op ’n mediakonferensie wat in Los Angels gehou is.

Maar eers is daar gesels. Volgens Boxing TalkhetWildergewaarsku dat die bloed gaan vloei.

“Daar is genoeg gepraat. Dis tyd om sy (Fury) kop af te kap. Op 24 Julie gaan die bloed vloei,” het Wilder gesê.

“Ek kyk graag so diep in jou oë . . .” Tyson Fury en Deontay Wilder gluur mekaar Dinsdag behoorlik in Los Angeles aan. Foto: Getty Images

Fury het dié praatjies afgelag. “Ek het dieselfde praatjies voor ons vorige geveg gehoor en almal weet wat tóé gebeur het,” het Fury gesê.

Die Brit het sy hemp sommer vroeg in die mediakonferensie afgepluk.

Toe hy en Wilder aan die einde van die konferensie vir foto’s poseer het, het die gegluurdery begin.

Deontay Wilder probeer sy bes om gevaarlik te lyk. Foto: Getty Images

Wilder, wat die hele tyd oorfone op sy kop gehad het, het aanvanklik ’n donkerbril opgehad.

Toe hy die bril ná ’n rukkie afhaal, het Fury hom gevra of dit “beter” is.

Wilder het nie geantwoord nie. Die twee boksers het mekaar toe woordeloos byna vyf minute lank begluur.

Die toneel sou dalk minder absurd gewees het as wyle Gé Korsten se liedjie “Ek kyk graag so diep in jou oë” oor die luidsprekers gespeel het.

“Wat gaan hier aan?” het ’n vrou naderhand uitgeroep.

’n Paar beamptes en helpers van albei kampe het hulle toe by die boksers aangesluit.

Van hulle het iets te sê gehad, maar die boksers was steeds soos twee soutpilare.

Dit was lagwekkend. Die legendariese Manny Pacquiao is ’n bokser wat gereeld tydens ’n gegluur sommer uitbars van die lag, maar Fury en Wilder het dit klaarblyklik ernstig bedoel.

Tyson Fury was sy gewone vermaaklike self. Foto: Getty Images

Fury se swaargewigtitel van die Wêreldboksraad sal op die spel wees wanneer die boksers volgende maand kragte meet.

Hul eerste geveg het gelykop geëindig en Fury het die tweede een oortuigend met ’n tegniese uitklophou gewen.

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.