Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury en Wilder pak mekaar in Februarie

Die Britse swaargewigbokser Tyson Fury en die Amerikaner Deontay Wilder gaan mekaar glo volgende jaar op 22 Februarie pak.

Tyson Fury. Foto: Getty Images

Fury sê in ’n YouTube-video die geveg is reeds gereël, maar hy sê nie waar dit gaan plaasvind nie.

Fury en Wilder het verlede jaar in Desember gelykop geboks in Los Angeles.

“Hierdie keer sal ek nie vir drie jaar buite die kryt gewees het en sal ek my nie aan alkohol vergryp het nie. Hierdie keer sal ek hom f***** uitslaan,” sê Fury.

Wilder het intussen Fury se geveg verlede maand teen die Duitser Tom Schwarz as ’n “sirkus” beskryf.

Fury het met ’n tegniese uitklophou in die tweede ronde gewen.

Wilder boks op 28 September in Los Angeles teen die gedugte Kubaan Luis Ortiz. – Sportredaksie

Meer oor:  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.