Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury gaan sy lyf in stoeikryt rondgooi

Die voormalige swaargewig-bokskampioen Tyson Fury gaan teen die einde van die maand teen Braun Strowman in Saoedi-Arabië aan ’n rofstoeigeveg deelneem.

Tyson Fury, hier in aksie teen Otto Wallin, se kop staan nou stoeikryt toe. Foto: Getty Images
Braun Strowman (staande) is die rofstoeier wat Fury die stryd gaan aansê. Foto: Getty Images
Oleksandr Usyk (links) op pad na sy oorwinning oor Chazz Witherspoon. Foto: Getty Images

Die Brit se promotor, Frank Warren, is volgens boxingscene.com nie baie gelukkig daaroor nie.

Fury het ’n groot sny in sy vorige boksgeveg teen Otto Wallin opgedoen.

Warren is bang dat die sny nie behoorlik sal tyd kry om gesond te word voor Fury se geveg in Februarie teen die Wêreldboksraad se kampioen, Deontay Wilder, nie.

Fury het op die mediakonferensie, waar die WWE-stoeigeveg aangekondig is, belowe dat hy Strowman gaan uitslaan.

Die voormalige junior swaargewigbokskampioen Oleksandr Usyk het intussen in die naweek ’n suksesvolle debuut as swaargewig gemaak.

Usyk het sy geveg teen Chazz Witherspoon in Chicago gewen toe die Amerikaner nie vir die agtste ronde wou uitkom nie.

Dit was egter nie een van Usyk se beste vertonings nie.

Meer oor:  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.