Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury se neef wil wys dat hy ook kan boks
Hughie Fury lyk nie naastenby so intimiderend soos sy neef Tyson nie. Maar hy kan nogal boks, hoor. Foto: Getty Images

Die Britse swaargewigbokser Hughie Fury sal hierdie naweek probeer om die kalklig so ’n bietjie by sy neef Tyson Fury te steel.

Tyson, wat op 14 September teen Otto Wallin van Swede boks, sukkel maar om uit die nuus te bly.

Saterdag kry sy minder beroemde neef Hughie egter weer die kans om te wys dat hy self ’n skaflike bokser is. Hughie boks dan in die O2-arena in Londen, Engeland, teen Alexander Povetkin van Rusland.

Alexander Povetkin (links) was in September verlede jaar laas in aksie toe hy met ’n tegniese uitklophou teen Anthony Joshua verloor het. Foto: Getty Images

Hoewel die 39-jarige Povetkin se boksloopbaan einde se kant toe staan, is hy steeds gevaarlik en bly dit ’n belangrike geveg vir Hughie. Dié Brit het twee jaar gelede onsuksesvol probeer om die Wêreldboksorganisasie se swaargewigtitel by Joseph Parker af te neem. Dieselfde jaar het hy ook teen Kubrat Pulev van Bulgarye verloor.

Sedertdien het hy goeie oorwinnings oor Samuel Peter van Nigerië en Chris Norrad van Kanada behaal.

’n Oorwinning oor Povetkin sal hom weer in ’n goeie posisie plaas om aanspraak op ’n titelgeveg te maak.

Dinge het sommeer baie rof geraak Saterdag in Tsjeljabinsk, Rusland, waar Junior Makabu (links) en Aleksei Papin (regs) kragte gemeet het. Foto: Getty Images

Povetkin was in September verlede jaar laas in aksie toe hy met ’n tegniese uitklophou teen nog ’n Brit, die voormalige wêreldkampioen Anthony Joshua, verloor het.

Hughie en Povetkin se geveg is een van die voorgevegte vir die kragmeting tussen die briljante liggewig Vasyl Lomachenko van die Oekraïne en Luke Campbell van Brittanje.

Die bokswêreld gons intussen oor die

skitterende geveg Saterdag in Tjseljabinsk, Rusland, tussen Junior Makabu en Aleksei Papin.

Makabu, ’n Kongolees wat Suid-Afrika as basis gebruik, het Papin naelskraap met punte oor 12 rondes geklop om die Wêreldboksraad se silwertitel vir junior swaargewigte te wen.

Meer oor:  Boks  |  Hughie Fury  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.