Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury skud vetjies af vir Wilder-geveg
Tyson Fury het van sy spekkies verloor vir sy geveg Saterdag teen Deontay Wilder. Foto: Getty Images

Dit lyk nie of Tyson Fury dieselfde fout as Andy Ruiz gaan maak en hierdie naweek met ’n spekvet lyf teen Deontay Wilder in die kryt gaan klim nie.

Wilder verdedig sy swaargewigtitel van die Wêreldboksraad Saterdag teen Fury in Las Vegas.

Ruiz het in Desember omtrent soos die Oros-mannetjie gelyk toe hy in Saoedi-Arabië teen Anthony Joshua geboks het.

Ruiz kon nie byhou nie en het sy titels (van die Wêreldboksvereniging, Wêreldboksorganisasie, Internasionale Boksorganisasie en Internasionale Boksfederasie) aan Joshua afgestaan.

Fury het vyf jaar gelede fiks en vaartbelyn vertoon toe hy teen Wladimir Klitschko geboks het. Foto: Getty Images

Volgens Boxing News 24 lyk Fury besonder fikser en ligter as wat hy twee jaar gelede gelyk het toe hy en Wilder in hul eerste kragmeting gelykop geboks het.

Toe het Fury 116 kg geweeg.

Fury was nog altyd geneig om gewig op te tel, maar al het hy die laaste paar jaar ’n ekstra rolletjie om sy middellyf gehad, was hy steeds baie beweeglik.

Teen Wilder sal hy hierdie keer ook in die laaste rondes meer beweeglik as laas wil wees, want hy wil nie hê die kampioen moet hom weer platslaan nie.

“Ek voel gemaklik met my gewig. Ek is reeds waar ek wil wees. Ek probeer nie gewig optel of afskud nie. Ek is ’n reuseswaargewig. Ek eet goed en gesond,” het Fury aan Boxing News 24 gesê.

Fury skat hy sal op sowat 122 kg in die kryt klim.

As ’n mens so na die Britse vegter kyk, praat hy dalk maar net nonsens.

Hy lyk skraler as die 115 kg wat hy in September vir sy geveg teen Otto Wallin geweeg het.

In 2015 het Fury net 108 kg geweeg toe hy Wladimir Klitschko in Düsseldorf, Duitsland, onttroon het.

Hy sal nie sommer weer daardie gewig haal nie, maar dis duidelik dat hy ekstra gesweet het vir sy herontmoeting met Wilder.

Wilder weeg gewoonlik sowat 96 kg vir sy gevegte.

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.