Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury-snywonde met 47 steke geheg

Otto Wallin se vuiste het Tyson Fury se gesig Saterdag in Las Vegas in ’n oopgebarste tamatie laat verander, maar Deontay Wilder sê dié Sweedse bokser moet hóm vir sy sukses bedank.

Boks is nie ’n grap nie. Dit het Tyson Fury dalk weer die naweek in Las Vegas besef.Foto: Getty Images

Fury het hom in die T-Mobile-arena in onverwagse taai teenstand vasgeloop, maar het nogtans met punte oor 12 rondes gewen.

Wallin, wat vooraf min kans deur kritici gegun is teen sy Britse teenstander, het Fury se regter-wenkbrou al so vroeg as die derde ronde stukkend geslaan.

Voor die geveg was Tyson Fury weer ’n regte hanswors. Mexiko het in die naweek sy onafhanklikheid gevier en Fury het kamma saam feesgevier deur in Mexikaanse kleure in die kryt te klim. Foto: Getty Images

Fury is ná die geveg na die hospitaal toe geneem, waar sy snye met 47 steke toegewerk is.

“Dis boks. Jy kan nie gaan swem en verwag om nie nat te word nie,” het Fury aan die BBC gesê.

Die groot Brit moes Wallin se aggressiewe aanslag in die vroeë rondes afweer voordat hy kon wen.

Fury het egter meestal die botoon gevoer en het Wallin ’n keer of wat byna uitgeslaan.

In die laaste ronde het Wallin weer woes ingeklim en Fury in die moeilikheid gehad.

Tyson Fury moes uithaal om met die onbekende Sweed af te reken. Foto: Getty Images

Die Sweed het die kans deeglik aangegryp om vir homself naam te maak.

Selfs Wilder, die Wêreldboksraad se kampioen, was met hom beïndruk.

Volgens Wilder behoort Wallin hom egter te bedank, want hy het Fury vir hom saggemaak.

“Enigeen wat die geveg gesien het, sal verstaan en toegee dat hy (Fury) nie meer dieselfde is as voorheen nie.

“Dis wat ek doen. Ek beëindig ander vegters se loopbane,” het Wilder aan Barbershop Conversations gesê.

Wilder het Fury in Desember verlede jaar byna uitgeslaan in hul geveg wat gelykop geëindig het.

Fury en Wilder boks in Februarie volgende jaar weer teen mekaar.

Meer oor:  Otto Wallin  |  Boks  |  Las Vegas  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.