Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Tyson Fury verdien dikker beursie
Tyson Fury en Deontay Wilder gaan mekaar moontlik in Februarie in ’n bokskryt opkeil.Foto: Getty Images

Die Wêreldboksraad (WBR) wil hê dat Tyson Fury meer sous skep uit sy herontmoeting met die swaargewigkampioen Deontay Wilder.

Fury en Wilder was in Desember in ’n riller van ’n gelykopstryd in Los Angeles gewikkel. Toe is die koek 70/30 in Wilder se guns gesny.

Promotors is intussen deur die WBR beveel om op ’n herontmoeting vir 5 Februarie ooreen te kom. Indien daar nie ’n ooreenkoms vir ’n herontmoeting is nie, sal die koek 60/40 in Wilder se guns verdeel word.

Dis ’n verhoging van 30% vir wat die uitdager gewoonlik in ’n titelgeveg ontvang. Die BBC meen egter Fury se “markwaarde” regverdig meer geld.

Dis ’n verhoging van 30% vir wat die uitdager gewoonlik in ’n titelgeveg ontvang. Die BBC meen egter Fury se “markwaarde” regverdig meer geld.

Frank Warren en Shelly Finkel – onderskeidelik Fury en Wilder se promotors – moet nou onderhandel. As hulle mekaar nie kan vind nie, sal die WBR ander promotors nooi om te bie, wat Fury ’n aanspraak van 40% op die geld vir die geveg sal gee.

Warren het vroeër vandeesmaand gesê dat Fury ’n groter trekpleister is as Anthony Joshua, wat hoop om op 13 April in Wembley teen Wilder te boks.

Wilder verkies ook om teen Fury te boks.

Die gelykopbeslissing in die geveg tussen Wilder en Fury was omstrede. Wilder het vir Fury twee keer planke toe gestuur, maar Fury het meeste van die ander rondes op punte gewen. Baie waarnemers was van mening dat Fury eintlik as wenner aangewys moes gewees het.

Die beoordelaars se telkaarte was 115-111 vir Wilder, 114-112 vir Fury en 113-113.

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Tyson Fury  |  Las Vegas  |  Titelgeveg  |  Boks  |  Swaargewig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.