Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Fury wen sy 1ste stoeigeveg in WWE
Ay caramba! Tyson Fury raak wild in sy stoeigeveg teen Braun Strowman. Foto: Reuters

Tyson Fury het sy debuut in die stoeikryt Donderdagaand in Riaad, Saoedi-Arabië, teen Braun Strowman op ’n suksesvolle noot begin.

The Daily Mail berig dat Fury vir Strowman in die agtste ronde met ’n regterhou uit die kryt geslaan het.

Strowman kon toe nie binne tien tellings weer terug in die kryt kom nie.

Terwyl die skeidsregter Fury se arm gelig het, het Strowman die Brit van agter platgeloop.

Volgens beeldmateriaal lyk dit nogal of Fury gedurende die geveg sukkel om sy lag te hou. Hy steier ook maar bra onoortuigend in die kryt rond ná Strowman hom met houe, wat duidelik mis was, geslaan het.

Ek het ’n afspraak met ’n groot ou genaamd Deontay Wilder op 22 Februarie en dan sal ons maar sien wat kom volgende.
Tyson Fury

“Ek het ’n afspraak met ’n groot ou genaamd Deontay Wilder op 22 Februarie en dan sal ons maar sien wat kom volgende,” het Fury geantwoord toe hy oor sy toekomsplanne uitgevra is.

Hy en Wilder pak mekaar op 22 Februarie in ’n boksgeveg wat beslis meer realisties as sy stoeigeveg teen Strowman gaan wees.

Wilder se oogbank, wat in sy vorige boksgeveg teen Otto Wallin oopgekloof is, het nie enige skade in sy gestoeiery opgedoen nie.

Fury is ’n groot stoei-entoesias en dit sal nie verbaas as hy weer aan die soort van ding deelneem nie.

’n Paar oomblikke uit Fury se stoei-debuut:

Meer oor:  Tyson Fury  |  Vsa  |  Debuut  |  Boks  |  Swaargewig  |  Stoei  |  Oorwinning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.