Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gaan Konkco oplaas boks ná misoes?

Simpiwe Konkco, ’n voormalige strooigewigkampioen van die Internasionale Boksorganisasie, kan maar net duimvashou dat sy teenstander vir hul geveg hierdie naweek in Johannesburg wel sal opdaag.

Simpiwe Konkco. Foto: Facebook

Konkco is veronderstel om in Uppercut Promotions se toernooi Saterdag in die Booysens-gimnasium teen Selemani Bangaiza van Tanzanië te boks.

Konkco sou volgens Ink Sport aanvanklik teen ArAr Andales van die Filippyne boks, maar hy kon weens reisbeperkings in die provinsie waar hy woon nie na Suid-Afrika reis nie.

Jomar Caindog, ook van die Filippyne, is toe gekry om teen Konkco te baklei, maar hy het verlede week skielik besluit hy sien nie meer daarvoor kans nie.

Nóg ’n Filippynse vegter, Ariston Aton, het daarna ’n uitnodiging aanvaar om op kort kennisgewing die Suid-Afrikaanse bokser aan te durf.

Maar toe is hy positief getoets vir die koronavirus en die promotors moes weer rondskarrel. – Sportredaksie

Meer oor:  Simpiwe Konkco  |  Boks  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.