Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gebreekte polsgewrig hou Nibali nie uit

Minder as drie weke nadat die Italiaanse fietsryer Vincenzo Nibali sy polsgewrig gebreek het toe hy gedurende ’n oefenrit geval het en ’n operasie moes ondergaan, het hy die groen lig gekry om aan die Giro d’Italia deel te neem.

Vincenzo Nibali in aksie gedurende die laaste skof, ’n individuele tydtoets, van 2020 se Giro d’Italia. Foto: Getty Images

Nibali (36), ’n tweemalige wenner van die Giro, se naam is vandeesweek deur sy span, Trek-Segafredo, uitgelees vir die wedren wat Saterdag in Turyn begin.

“Dit was ’n wedren teen tyd en ek is baie gelukkig dat ek dit gewen het. Sedert die dag van my valslag op 14 April het ek aan niks anders gedink behalwe om betyds reg te wees vir die Giro nie,” sê Nibali in ’n verklaring van sy werkgewer.

Die Italianer, ’n klimmer wat verlede jaar met die sewende plek tevrede moes wees, erken dat sy peil nie is wat dit moet wees nie.

“Ek wil dit duidelik stel: Dit is sinneloos om te vra of ek my oog op die algehele wennerstitel het en of my mikpunt eerder skofoorwinnings is,” sê Nibali.

“Ek wil graag my stempel op die Giro afdruk, maar ek sal met verloop van tyd sien hoe ek dit sal regkry.”

Nibali is een van slegs sewe fietsryers wat al daarin kon slaag om al drie Grand Tours, die Giro, Tour de France en Vuelta a España, te wen.

Die ander ryers in dié uitgelese groepie is Jacques Anquetil, Bernard Hinault (albei Frankryk), Felice Gimondi (Italië), Eddy Merckx (België), Alberto Contador (Spanje) en Chris Froome (Brittanje).

Nibal het die Giro in 2013 en 2016, die Tour in 2014 en die Vuelta in 2010 gewen. – Sportredaksie

Meer oor:  Vincenzo Nibali  |  Giro D'italia  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.