Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gebruikte sporthemp vir R19,3 m. gekoop

Die basketbal-legende Michael Jordan se gebruikte Universiteit van Noord-Carolina-hemp wat hy in sy tweede seisoen (1982-’83) saam met die span gedra het, is Saterdag vir $1,38 miljoen (R19,3 miljoen) verkoop. 

Michael Jordan in aksie vir Noord-Carolina in die 1982-’83-seisoen. Foto: Getty Images

ESPN berig dit is vir meer as drie keer die vorige rekordprys vir ’n Jordan-hemp opgeraap.

“Die verkoopprys bewys dat dié hemp alles het wat enige ernstige versamelaar moontlik sou wou hê,” sê Chris Ivy van Heritage-afslaers.

Jordan is ná sy tweede seisoen saam met die Tar Heels derde gekies in 1984 se NBA-keurproses.

’n Jordan-hemp van sy derde seisoen saam met die Chigaco Bulls in 1986-’87 is verlede jaar vir $480 000 opgeveil.

Jordan het in die 1990’s ses NBA-titels saam met die Bulls verower en hom as een van die wêreld se mees ikoniese sportmanne gevestig.

Ander items van Jordan, deesdae die eienaar van die Charlotte Hornets NBA-franchise, het voorheen ook uitspattige verkooppryse behaal.

’n Paar gebruikte Air Jordan 1s High-tekkies, wat ’n stuk glas bevat van toe Jordan ’n agterplank met ’n doel gebreek het, is in Augustus 2020 by Christie’s vir ’n rekord $615 000 opgeveil.

Dit het die vorige rekordbedrag oortref wat maande tevore op ’n veiling van Sotheby’s behaal is toe ’n getekende paar Air Jordan 1s vir $560 000 verkoop is. – Sportredaksie

Meer oor:  Basketbal  |  Veiling  |  Nba  |  Michael Jordan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.