Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Geel trui kleef al stywer aan Pogacar
Die geel trui is stewig om die skouers van Tadej Pogacar.Foto: Reuters

Nadat Tadej Pogacar in die 15de skof van die Tour de France verskeie aanvalle teen hom afgeweer het, lyk dit onwaarskynlik dat iemand hom vanjaar van glorie gaan weerhou in dié prestigeryke fietsren.

’n Hele paar ryers het in Sondag se skof oor 191,3 km tussen Céret en Andorra la Vella oor die laaste paar kilometer probeer om Pogacar (UAE Team Emirates), ’n Sloween, onder druk te plaas.

Daarvan het dadels gekom.

Dit was ’n taai bergskof, met drie kategorie 1-klimme en een kategorie 2-klim.

Dit was ’n taai bergskof, met drie kategorie 1-klimme en een kategorie 2-klim.

Sowat 20 km van die einde het die Ineos Grenadiers die pap dik aangemaak vooraan die groep waarin Pogacar was. Hulle het natuurlik gehoop om die Sloween onder druk te plaas en hul spanmaat Richard Carapaz, wat voor die aanvang van die skof algeheel in die vyfde plek was, in ’n goeie posisie te plaas om aan te val.

Wat opvallend was, was dat Pogacar nie ’n enkele spanmaat by hom gehad het nie. Nie dat dit vir die 22-jarige ’n probleem was nie.

Ryers soos Carapaz en Jonas Vingegaard (Jumbo-Visma), wat vooraf algeheel vierde was, en Rigoberto Urán (EF Education-Nippo, vooraf derde) het ’n paar keer probeer aanval. Pogacar het egter op hul spoor gebly, of ander kere weer vooraan gery teen ’n vinnige tempo om ander aanvalle te ontmoedig.

Die ongeloof wys duidelik op Sepp Kuss se gesig toe hy die 15de skof Sondag wen. Foto: Reuters

Die Amerikaner Sepp Kuss (Jumbo-Visma), ’n domestique, het uiteindelik die skof gewen in ’n tyd van 5 uur, 12 minute en 6 sekondes. Die 41-jarige Spanjaard Alejandro Valverde (Movistar) was tweede (+23 sek), gevolg deur Wout Poels (Bahrain Victorious) van Nederland.

Dit is Kuss se eerste skofsege in die Tour. Hy was deel van ’n groep van 32 ryers wat met 80 km agter die blad ’n voorsprong van meer as nege minute bo die peloton losgetrap het. Die groep het sowat 50 km voor die einde begin opbreek, met Kuss wat toe met ongeveer 20 km oor met sy aanslag op ’n skofsege vorendag gekom het.

Pogacar het die skof in die 22ste plek voltooi, 4 minute en 51 sekondes ná Kuss. Carapaz en Uran was onderskeidelik 23ste en 24ste. Suid-Afrika se Louis Meintjes (Intermarché-Wanty-Gobert) was 31ste.

Wat die algehele kompetisie betref, is Pogacar nou 5 minute en 18 sekondes voor Uran. Vingegaard is derde (+ 5 min, 32 sek).

Die Fransman Guillaume Martin (Cofidis), wat voor die aanvang van die skof algeheel tweede was, 4 minute en 4 sekondes ná Pogacar, is nou in die negende plek.

Meintjes is algeheel in die 15de plek.

• Maandag is ’n rusdag.

Meer oor:  Tadej Pogacar  |  Frankryk  |  Tour De France  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.