Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Géén plan om F1-straatrenne af te stel

Daar is nie in hierdie stadium enige sprake dat Formule Een se drie straatrenne afgelas sal word nie, ondanks sulke gerugte in ’n Nederlandse tydskrif.

So het die ringkoppe van dié sport Sondag gereageer op ’n berig op die webblad van Formule1, ’n Nederlandse publikasie, dat die Grands Prix in Monaco, Azerbeidjan en Kanada vir ’n tweede agtereenvolgende jaar nie sal plaasvind nie. Dit sou glo weens die onsekerheid wat die koronavirus-pandemie veroorsaak, gekanselleer word.

Monaco Grand Prix
Die Monaco Grand Prix gaan nie afgestel word nie, sê F1-organiseerders. Foto: Getty Images

Luidens die berig moet die organisering van straatrenne soos dié in Monte Carlo, Baku en Montreal maande vooraf reeds begin en is beamptes onwillig om hulself tot planne te verbind terwyl daar twyfel is of die pandemie hulle wel sal toelaat om die renne aan te bied.

Ondanks die feit dat inentings teen die koronavirus reeds in talle lande beskikbaar is, hang daar vraagtekens oor hoedanig die lewe na normaal sal terugkeer in die eerste helfte van 2021.

Daar is reeds besluit om die Australiese Grand Prix van sy normale Maart-datum na November te verskuif, en die Chinese Grand Prix onbepaald uit te stel. Formule Een se besluitnemers het ná die aankondiging daarvan volgehou geen verdere veranderinge aan die skedule word beplan nie.

’n F1-woordvoerder het aan PlanetF1 gesê: “Ons het die besonderhede van die hersiene 2021-kalender uitgereik en daar is geen ander veranderinge nie. Die voorstel dat straatrenne nie sal plaasvind nie, is heeltemal verkeerd.”

Benewens die Grands Prix in Monaco, Azerbeidjan en Kanada kan dié in Singapoer, Australië en Saoedi-Arabië ook as straatrenne geklassifiseer word.

In Formule1 se berig is ook aangevoer dat drie nuwe gashere vir die datums van die drie geaffekteerde straatrenne bepaal is: Istanbul, Mugello en die Nurburgring.

Die huidige 2021-kalender het reeds ’n oop gat, met ’n voorgestelde Grand Prix in Viëtnam wat nie gaan realiseer nie.

Die verwagting is dat ’n Portugese Grand Prix op 2 Mei in die plek daarvan sal plaasvind. Logistiek gesproke sal dit baie sin maak, met ’n besoek aan Barcelona se Catalunya-renbaan wat vir ’n week later geskeduleer is.

Die Emilia Romagna, wat verlede jaar vir die eerste keer by Imola plaasgevind het, is ook op die 2021-kalender ná die besluit om die Chinese Grand Prix uit te stel. – TeamTalk


Meer oor:  Monaco  |  F1  |  Baku  |  Motorsport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.