Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
G'n wittebrood vir Richard en sy Rachel

Die driekamper Richard Murray het verlede week die spreekwoordelike strop om die nek gekry, maar van ’n geluksalige wittebrood is daar in hierdie moeilike tye geen sprake vir hom nie.

Richard Murray is verlede week getroud, maar sy lewe is nie tans net maanskyn en rose nie. Foto: Getty Images

Die 31-jarige Kapenaar het verlede week op Twitter gesê hy en Rachel Klamer (29), ’n Nederlandse driekamper, het besluit om vroeër as beplan in haar geboorteland af te haak sodat haar siek ma die seremonie kon bywoon.

“Ons sal in Desember ’n groot partytjie/troue in Suid-Afrika hê,” het hy gesê.

Die nuwe egpaar is gebaseer in Nederland, wat beteken hulle kan wel buite kom om te hardloop en fiets te ry. “Ons kan net nie swem nie, want ons het dit altyd in ’n groot groep gedoen en dit word nie nou toegelaat nie,” sê hy.

Maar al is al hul gewone aktiwiteite nog nie verbode nie, het Murray in ’n verklaring van Total Exposure gesê hy en sy nuwe vrou sukkel om gemotiveerd te bly met die Olimpiese Spele skielik 16 maande weg. Boonop het die afstel van alle sport hulle van hul finansiële stabiliteit ontneem.

“Die Olimpiese Spele is uitgestel en dis vir ons moeilik om aan gewoond te raak, want as atlete maak jy daarop staat dat jy ’n groot doelwit het om jou gemotiveerd te hou,” het Murray gesê. “Dit is nou van ons weggeneem.

“Net so is ons finansiële stabiliteit weg omdat ons nie prysgeld kan verdien nie, en nie geld kan kry deur iewers deel te neem nie. Die meeste atlete wat nie groot borge het nie, sal hierdie seisoen géén geld maak nie.”

Murray is gelukkig dat hy geborg word deur die energiedrankie Red Bull.

Die Kapenaar sê hy en Rachel “gaan nou vir onsself nuwe doelwitte stel sodat ons hierdie jaar kan aanhou vorentoe beweeg”.

“Ons het almal doelwitte nodig, en jy kan dit steeds binnenshuis behaal. Vir nou is ons gelukkig dat ons nog buite kan kom, maar ons is nie seker vir hoe lank nog nie. Vir die volgende weke of maande is ons uitdaging om as ’n planeet hierdeur te kom.”

Meer oor:  Richard Murray  |  Koronavirus  |  Driekamp  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.