Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Geld, eksamen pootjie Wes-Kaapse spanne

Net een van die Wes-Kaap se ses netbaldistrikte sal dié provinsie vanjaar in die Suid-Afrikaanse toernooi verteenwoordig.

Die Kaapse Wynlande (Boland en Sentraal-Boland) het soos in 2019 besluit om weens geldnood nie ’n span na Bela-Bela in Limpopo te stuur nie.

Burta de Kock sou Mangaung se senior netbalspanR afgerig het. Foto: Gallo Images

Die toernooi begin Maandag by die Zwartkloof-oord nadat dit weens die Covid-19-pandemie uitgestel is. Dit was geskeduleer om in Augustus in Stellenbosch plaas te vind.

Kaapstad stuur wel 12 spelers.

Overberg, Karoo, Eden en Weskus sal ook nie deelneem nie.

Bennie Saayman, president van die Wes-Kaapse Netbalfederasie, sê spelers moet hul eie onkoste dra en dit beloop meer as R10 000 vir ’n vliegtuigkaartjie, busvervoer vanaf die O.R. Tambo-lughawe, verblyf en kleredrag.

“Die distrik het ’n paar rand ingesamel, maar dit was nie naastenby genoeg nie,” sê Saayman.

“Boonop kan onderwysers, soos Abeline Olivier, nie nou verlof kry nie en studente skryf eksamen.

Abeline Olivier, ’n onderwyseres van die Boland, kon nie nou verlof kry om aan die Suid-Afrikaanse netbaltoernooi deel te neem nie. Foto: Gallo Images

“Elke distrik moet ’n nakomingsbeampte saamstuur om toe te sien dat spelers en beamptes Covid-protokolle volg.”

Spelers moes in Oktober reeds twee weke verlof neem om in Bloemfontein aan die Nasionale Liga deel te neem.

Ook Mangaung gaan geen senior span hê nie.

Dié streek het ook heelwat studente in sy geledere, daarom stuur hy ’n o.21-span wat aan die o.21-toernooi sal deelneem, sê Burta de Kock, wat die senior span sou afrig.

“Daar is nie ’n eksamensentrum by die oord nie so die universiteit kan nie die vraestelle saamstuur nie.

“Ons het ’n tweede groep senior spelers gekies, wat in Afdeling B sou speel. Ons wou so toernooi-blootstelling gee aan ander spelers, afrigters en bestuurders. Ongelukkig het vyf spelers hulle onttrek en die span gaan dus nie meer speel nie,” sê De Kock.

Tshwane, Mangaung, Dr. Kenneth Kaunda, Ethekwini, Ekurhuleni, Kaapstad, Nelson Mandela-baai, Johannesburg en Buffalostad het verlede jaar in Afdeling A meegeding.

Die Pretorianers is in Johannesburg as die kampioene gekroon.

Mami Diale, die toernooidirekteur, het verlede maand in ’n verklaring gesê 40 spanne sal in aksie wees – 20 senior- en 20 o.21-spanne. Agt spanne sal in Afdeling A meeding.

Diale sê alle deelnemers moet 24 uur voor die begin van die toernooi ’n Covid-19-toets ondergaan. Daarvoor moet elke distrik self opdok.

Meer oor:  Netbal  |  Sa Netbaltoernooi  |  Covid-19  |  Geldnood  |  Mangaung
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.