Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gerrie Coetzee ken Pacquiao se hartseer

Die dood van Manny Pacquaio se geliefde Jack Russell, Pacman, die afgelope naweek is iets wat hondeliefhebbers wêreldwyd aangegryp het.

Pacquiao is egter nie die eerste of die laaste bokser wie se hond soms die kalklig by hom gesteel het nie.

Twee voormalige swaargewigkampioene, George Foreman en Gerrie Coetzee, tel ook onder daardie groep.

Gerrie Coetzee en sy “nuwe” Wendy. Die voormalige bokskampioen hou baie van spanjoel-honde. Foto: Verskaf

Foreman en sy twee wolfhonde was destyds byna onafskeidbaar voor sy geveg teen Muhammad Ali in Zaïre.

Coetzee se liefde vir honde het ook onlangs weer ter sprake gekom terwyl daar aan die draaiboek van die voorgenome rolprent oor sy lewe gewerk word.

Koerante soos The New York Times en The Washington Post was glo in 1979 heeltemal behep met Coetzee se spanjoel Wendy.

Voor Coetzee se geveg teen John Tate in Pretoria het The New York Times ’n storie oor Wendy onder die opskrif ‘Richest Spaniel in South Africa’ geskryf.

Die storie het vertel van die baie geld en kos wat Wendy daardie tyd met advertensies verdien het.

Coetzee het ook baie keer sy hond saamgeneem wanneer hy na Amerika vir gevegte gereis het.

“Honde is nie altyd in die hotelle toegelaat nie, maar ek het altyd ’n sydeur gevind om haar in te smokkel,” sê Coetzee (65).

“In die geval van gastehuise het ek altyd vir ’n plek op die grondvloer gevra sodat ek die hond by die venster kon intel.”

Wendy is lankal na die hondehemel, maar Coetzee het nou weer ’n “nuwe” Wendy, wat vier maande oud is en waarmee hy gereeld gaan stap.

Volgens Coetzee het hy en honde nog maar altyd van mekaar gehou.

Honde het glo van kleins af agter hom aangeloop.

“Ek weet nie waarom dit was nie. Dit was nie asof ek vir hulle biltong of enigiets soos dit gegee het nie,” onthou Coetzee.

Gerrie Coetzee het in 1983 die Wêreldboksvereniging se swaargewigkampioen geword toe hy Mike Dokes kisboude gemoker het. Daar word aan ’n draaiboek vir ’n rolprent oor Coetzee se lewe gewerk. Foto: Getty Images

Sy ouers het vir klein Gerrie sy eie wolfhond gekry.

“Teen die tyd dat ek begin werk het, was my tweede wolfhond ook al oor die muur,” sê Coetzee.

By die plek waar hy as tandheelkundige gewerk het, was daar iemand met ’n spanjoel.

“Ek was baie beïndruk met die hond se dissipline,” sê Coetzee.

Hy het vir hom ook een gekry en sedertdien het hy vyf van hulle gehad.

Hy het die eerste Wendy genoem na ’n meisie op wie hy in die hoërskool ’n bietjie verlief was, maar met wie hy nooit uitgegaan het nie. – Sportredaksie

Meer oor:  Boks  |  Troeteldiere  |  Manny Pacquiao
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.