Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
‘Gerrie Coetzee kon ’n hou vat’ – Weaver
Gerrie Coetzee word deur Mike Weaver uitgesonder as een van die taaiste vegters teen wie hy nog in die kryt geklim het. Foto: Gallo Images

As daar een ou is wat ’n harde hou kon verduur, dan was dit Gerrie Coetzee.

So sê die voormalige swaargewigbokskampioen van die Wêreldboksvereniging (WBV), Mike Weaver, in die jongste uitgawe van The Ringop dié tydskrif se webwerf.

Weaver is gevra wie die bestes was teen wie hy in sy loopbaan geboks het.

Die naam van Coetzee, wat self in 1983 die WBV se kampioen geword het toe hy Mike Dokes uitgeslaan het, duik twee keer in die onderhoud op.

Die program vir Mike Weaver en Gerrie Coetzee se geveg in 1980 in Sun City.

Weaver sê Coetzee was een van die manne wat hom die hardste geslaan het. Hy sonder egter Bernardo Mercado as die hardste slaner uit.

Maar Coetzee het glo die “beste ken” gehad.

“Hy is in meer as 200 amateurgevegte nooit platgeslaan nie. Toe ek teen hom geveg het, het hy ook reeds 24 beroepsgevegte gehad en hulle sê hy is nooit seergemaak nie,” sê Weaver van Coetzee.

O gatta pattatta! Daar lê Gerrie! Die skeidsregter Jesus Celis begin Coetzee uittel nadat Weaver hom in die 13de ronde platgeslaan het. Foto: Gallo Images

Weaver, in sy fleur ook bekend as “Hercules” omdat hy so fris was, het Coetzee op 25 Oktober 1980 in Sun City in die 13de ronde uitgeslaan.

Dit was die eerste keer dat Weaver sy titel, wat hy dieselfde jaar in Maart gewen het toe hy John Tate in die 15de ronde uitgeslaan het, verdedig het. Weaver het sy titel nog ’n keer suksesvol verdedig (teen James Tillis) voor Dokes hom onttroon het.

Weaver sonder Larry Holmes uit as die beste bokser teen wie hy nog geboks het en meen hy tel onder die tien beste swaargewigte van alle tye.

Coetzee se ken was later in sy loopbaan nie meer so “hard” nie. Greg Page, Frank Bruno en Iran Barkley het hom ook uitgeslaan.

Mike Weaver beskou Larry Holmes, teen wie hy hier in aksie is, as die beste bokser teen wie hy nog geveg het. Foto: Getty Images
Mike Weaver soos hy in 2015 gelyk het. Foto: Getty Images

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.