Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gesoute skeidsregter in kryt in Vegas

Die Amerikaner Kenny Bayless (71) sal Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) die derde man in die kryt wees wanneer Deontay Wilder en Tyson Fury mekaar weer pak.

Kenny Bayless lig Deontay Wilder se vuis ná die bokser se oorwinning oor Luis Ortiz. Foto: Getty Images

Dié veteraan-skeidsregter moes dalk al Woensdag ’n draai by die twee boksers se laaste mediakonferensie in die MGM Grand-hotel in Las Vegas gemaak het.

Hy sou die twee rammetjies vroeg-vroeg gewaarsku het om hul aggressie vir die geveg te los.

Wilder en Fury het hul gesig teen mekaar gedruk en eers soos twee poue ’n byna hipnotiese dans van die koppe uitgevoer.

Toe het hulle mekaar begin slegsê en rondstoot. Hulle is uitmekaar gesleep en toe staan die twee en skreeu op mekaar.

“Kyk, hy is soos ’n veergewig toe ek hom deur die vertrek gestoot het. Jou klein ****!” het Fury gebrul.

“Wanneer jou oë agter jou kop sit en jou are bars uit jou nek, sal ons sien!” het Wilder die Brit gewaarsku.

“Ek is die oorheersende swaargewig! Ek het Wladimir Klitschko verslaan! Jy het teen niemand gewen nie!” het Fury laat hoor.

“Ek gaan oor jou liggaam staan soos by ’n moordtoneel,” het Wilder gedreig.

Bayless ken die twee rakkers goed. Hy was in Junie 2019 die skeidsregter toe Fury die Duitser Tom Schwarz met ’n tegniese uitklophou in die tweede ronde verslaan het.

Hy was ook in November die skeidsregter toe Wilder sy swaargewigtitel van die Wêreldboksraad suksesvol teen Luis Ortiz verdedig het.

Bayless is dus geen vreemdeling vir die groot verhoog nie. Hy was ook die derde man in die kryt toe Floyd Mayweather in 2015 met punte teen Manny Pacquiao gewen het.

Bayless is daarvoor bekend dat hy, voor ’n geveg begin, aan die boksers sê: “What I say, you must obey.”

Kenny Bayless lig Tyson Fury se arm ná die “Gypsy King” se oorwinning oor Tom Schwarz. Foto: Getty Images

Jack Reiss was die skeidsregter toe Wilder en Fury twee jaar gelede gelykop geboks het.

Hy is agterna in sommige kringe gekritiseer dat hy te stadig getel het nadat Wilder vir Fury in die 12de ronde platgeslaan het.

Die drie beoordelaars vir die geveg is ook almal Amerikaners: Dave Moretti, Glenn Feldman en Steve Weisfeld.

Die Fury-kamp het geen klagtes met die skeidsregter of die beoordelaars gehad nie.

Meer oor:  Deontay Wilder  |  Boks  |  Tyson Fury
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.