Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gewese SA kampioen vir 4 jaar geskors

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Lynette Burger is vir vier jaar geskors nadat sy daaraan skuldig bevind is dat sy verbode middels gebruik het.

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Lynette Burger is ’n skorsing van vier jaar opgelê vir die gebruik van verbode middels. Foto: Gallo Images

Burger (40) het in 2009 die padwedren in die Afrika-kampioenskap en die nasionale kampioenskap gewen.

Meer onlangs, in 2015 en 2018, het sy die bronsmedalje in die padwedren in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gewen.

Luidens ’n verklaring van Fietsry Suid-Afrika (FSA) was Burger in 2018 in ’n ernstige ongeluk met ’n minibustaxi betrokke, waarin sy ’n breinbesering opgedoen het.

Sy het in 2019 haar terugkeer tot fietsry gemaak. In November daardie jaar het sy ’n urinemonster aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS) verskaf nadat ’n fluitjieblaser alarm gemaak het oor die moontlike gebruik van verbode middels.

In haar monster was daar 19-norandrosterone en 19-noreticholanolone. Sy is hierna tydelik deur SAIDS geskors.

Burger het nie versoek dat ’n B-monster geneem word nie. Sy het aanvanklik ontken dat sy verbode middels gebruik het, maar later gesê dit is moontlik ná die ongeluk aan haar toegedien terwyl sy in die hospitaal was.

Luidens die verklaring het Burger se regsadviseurs en dokters aangevoer dat sy ná die ongeluk sielkundige probleme, wat depressie insluit, ontwikkel het. Volgens haar regsadviseurs het sy die middels gebruik om haar sielkundige toestand te verbeter en nie om ’n onregverdige voorsprong bo mededingers te kry nie.

Burger en haar regspan se vertoë is egter nie aanvaar nie, en sy is ’n skorsing van vier jaar, terugwerkend van 26 November 2019, opgelê.

Meer oor:  Verbode Middels  |  Saids  |  Opkikkers  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.