Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gewilde Ier bêre sy boks-handskoene
Carl Frampton het moedig probeer, maar die langer Jamel Herring was eenvoudig te goed vir hom gewees. Foto: Getty Images

Carl Frampton van Noord-Ierland het by sy woord gehou en sy uittrede uit boks aangekondig, maar dit is sekerlik nie hoe hy graag sou wou groet nie.

Jamel Herring van Amerika het Frampton Saterdag in Dubai met ’n tegniese uitklophou in die sesde ronde verslaan.

Frampton (34) het voor die geveg gesê dit is sy laaste geveg. Hy het gehoop om Herring se superveergewigtitel van die Wêreldboksorganisasie by hom af te neem.

Die lang hotklou Amerikaner het Frampton egter lelik afgeransel.

Hy het hom in die vyfde ronde met ’n linker platgeslaan en in die sesde het hy hom weer met ’n linker opstopper planke toe gestuur.

Frampton se helpers het wyslik besluit om die handdoek in te gooi.

Jamel Herring het Carl Frampton ’n behoorlike pakslae gegee. Foto: Getty Images

Frampton sê hy sou graag wou wen om die oorwinning aan een van sy afrigters uit sy amateurdae Billy McKee, wat onlangs oorlede is, op te dra.

“Ek was vir so lank weg van my vrou en kinders en wil nou meer tyd saam met hulle deurbring,” sê Frampton.

“Ek is deur ’n beter man geklop. Ek kon nie naby hom kom nie en hy het my met sy akkurate houe op ’n afstand gehou.”

Herring het Frampton, wat voorheen ’n kampioen in twee ligter gewigsafdelings was, as ’n “legende” geprys.

“Jy was ’n ware kampioen en ’n groot kryger. Ek het baie respek vir jou.”

Frampton se vrou, Christine, sê sy wou al “lankal” gehad het hy moet sy bokshandskoene wegpak sodat hy meer tyd saam met haar en hul dogters, Rossa en Carla, kan deurbring. – Boxing Talk, The Belfast Telegraph, Boxing News.

Kyk hier hoe die einde vir Carl Frampton aangebreek het

Meer oor:  Boks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.