Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gewilde SwimRun-reeks verskuif

Die eerste varswater-byeenkoms in die Torpedo SwimRun-reeks vind Vrydag en Saterdag plaas, met dié reeks wat al hoe gewilder word.

Nadat die eerste swem- en hardloopbyeenkoms in 2016 aan die Atlantiese kus aangebied is, word die byeenkoms dié naweek die eerste keer in die Wildernis aangebied.

JP Burger (voor) en Michael Lord is twee van die deelnemers wat Vrydag en Saterdag in dte varswater-byeenkoms in die Torpedo SwimRun-reeks gaan deelneem. Foto: Verskaf

Die derde byeenkoms, wat op 18 November in Kaapstad plaasvind, is vol bespreek, maar Richard McMartin, medestigter van die reeks, sê nog ’n byeenkoms sal later aangekondig word.

Die SwimRun-reeks is ’n opkomende multisport-formaat wat aanklank vind by driekampers, swemmers, atlete, brandpankryers en ander watersportgeesdriftiges. Deelnemers neem in spanverband deel en moet kort ente tussen strande swem, dan weer hardloop en ook oor rotse spring. Daar is nie kans om van klere te verwissel nie.

Deelnemers swem dus met hul tekkies aan en hardloop in hul lyfpakke.

Intussen sal die Kaapse kampioene die naweek by die Kaaimansrivier as die gunstelinge aantree.

JP Burger is onlangs as die Ysterman 70.3-wêreldkampioen in die kategorie 18 tot 24-jariges aangewys en is die gunsteling saam sy spanmaat, Michael Lord.

Rohan Meyer was ook in Port Elizabeth ‘n afdelingswenner en span kragte saam met Rudolf Visser. Dié paar hoop om Burger-hulle se onoorwonne vertoningslys te beëindig.

Die afstand van die Wildernis-byeenkoms is 26 km, wat bestaan uit vier segmente waar 4 km geswem word, vyf hardloop-bene van 17 km en 5 km van rowwe terrein waar oor rotse gespring en geklouter word.

Die Port Elizabethse broers Keegan en Jarryd Cooke is veelsydig en sal ook hul oog op die titel hê.

Rob Twiddle en Rob Schaf van Llandudno, wat verlede jaar derde was by die Kaapse byeenkoms, is die buiteperde.

Die vroue-gunstelinge is Bianca Tarboton en Linda Detering, met Carla Farina en Su-yen Thornhil aanspraakmakers.

Meer oor:  Swem  |  Driekamp  |  Hardloop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.