Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Giant King gaan in Rouxville deur toue klim
Ruann Visser gaan die Vrystaters wys hoe lyk hy in lewende lywe. Foto: Gallo Images

As jy die Suid-Afrikaanse swaargewig-bokskampioen Ruann Visser se volgende geveg wil sien, moet jy op 26 Julie die pad Rouxville toe aanpak.

Rouxville? Dis ’n dorpie iewers in die Vrystaat, so 30 km van Zastron af. As dit jou nie help nie, Rouxville is so 34 km van Aliwal-Noord af en 35 km van Smithfield.

Ag man, dis so ’n halfuur se ry van die Gariepdam af, orraait?

Nou maar waarom sal die SA kampioen daar gaan baklei? Want die promotor Lebo Mahoko het hom gevra om daar ter viering van Mandeladag te boks.

Iewers in die Vrystaat – dis waar Rouxville is. Foto: Skermgreep

O, en sy teenstander? Dit sal Bernard Adie van Kenia wees. Hy het 16 van sy 23 gevegte in die beroepskryt gewen en spog met 11 uitklophoue.

Dit sal Visser, ook bekend as die Giant King, se vierde geveg vanjaar wees. In sy vorige geveg, teen die einde van verlede maand, het hy Justice Siliga in die eerste ronde in Pretoria oorweldig.

Sondag is daar ook ’n bokstoernooi in Blairgowrie, ’n voorstad van Johannesburg. Die junior swaargewigte Akani Phuzi en Willbeforce Shihepo kom in die hoofgeveg teen mekaar te staan.

* Vrydagaand boks die veergewig Lerato Dlamini in Doebai teen Dave Penalosa van die Filippyne.

Dié geveg is ’n voorgeveg vir die kragmeting tussen die weltergewigte Amir Khan van Brittanje en Billy Dib van Australië.

Die toernooi word van 18:00 af op SuperSport 2 uitgesaai.

Meer oor:  Boks  |  Ruann Visser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.