Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Giant King wil teen AJ of Tyson Fury skerm

Die voormalige Suid-Afrikaanse swaargewigbokskampioen Ruann Visser hoop om toestemming by die Wêreldagentskap teen Verbode Middels (Wada) te kry sodat hy teen Anthony Joshua of Tyson Fury kan skerm.

Ruann Visser sê dis vir hom uiters frustrerend om weens ’n twyfelagtige skorsing nie te mag boks nie. Foto: Gallo Images

Visser (30), bekend as die Giant King, moet nog twee jaar van sy skorsing vir die gebruik van anaboliese steroïede uitdien voor hy weer mag boks.

“Ek gaan Wada binnekort in Switserland besoek en vra of my straf verminder kan word. Ek sal hulle weer daarop wys dat ’n onafhanklike paneel van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) my ná ’n ondersoek onskuldig op die aanklagtes bevind het,” sê Visser.

Hy hoop ook om dan toestemming te kry om teen Joshua of Fury as skermmaat deur die toue te klim.

Dié twee boks later vanjaar teen mekaar om te bepaal wie is die onbetwiste swaargewigkampioen van die wêreld.

“Daar is voelers uit albei kampe na my toe uitgesteek om as skermmaat te kom help. Ek gee nie om by watter kamp ek eindig nie, solank ek net betrokke kan wees,” sê Visser.

Hy hoop die promotor van die groot geveg, Eddie Hearn, kan ook sy invloed gebruik om hom te help om gou weer te boks.

“Dis maar moeilik om geskors te wees. Ek bly fiks, maar dit maak my seer om te sien hoe baklei ander ouens vir die titel wat van my gestroop is,” sê Visser.

As hy weer kan boks is dit sy “grootste wens” om teen die huidige Suid-Afrikaanse kampioen Tian Fick te boks.

Fick het die vakante titel verlede jaar gewen toe hy Josh Pretorius in Kaapstad geklop het.

Visser en Fick sou in Desember 2019 teen mekaar geboks het toe een van die kryt se toue gebreek en Visser uit die kryt geval en beseer is.

“Ek is nog jonk. As ek dan vir nog twee jaar nie mag boks nie, is dit ook nie die einde van die wêreld nie, maar ek hoop om voor dit weer in aksie te wees,” sê Visser.

Meer oor:  Verbode Middels  |  Boks  |  Tyson Fury  |  Ruann Visser  |  Anthony Joshua  |  Wada  |  Opkikkers  |  Giant King
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.