Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gibbons sesde in vyfde Giro-skof

Die Duitse fietsryer Pascal Ackermann het Woensdag sy tweede skofsege in die Giro d’Italia behaal toe hy die vyfde skof in ’n naelrit gewen het.

Pascal Ackermann. Foto: AP

Hy het die 140 km tussen Frascati en Terracina op ’n koue en nat dag in 3 uur 15 minute 44 sekondes afgelê.

Ackerman (Bora-Hansgrohe) was Sondag ook bobaas in die tweede skof.

Die Colombiaan Fernando Gaviria (UAE Team Emirates) en Arnaud Démare (Groupama-FDJ) van Frankryk was onderskeidelik tweede en derde.

Die Suid-Afrikaner Ryan Gibbons van die Dimension Data-span het sesde geëindig. Hy is algeheel 45ste met sy Aussie-spanmaat, Ben O’Connor, die beste van die DiData-jaer in die 36ste plek.

Die Sloween Primoz Roglic (Jumbo-Visma) is steeds die algehele voorloper met ’n tyd van 19:35:04.

Simon Yates en Vincenzo Nibali blaas in sy nek.

Tom Dumoulin. Foto: Getty Images

Tom Dumoulin, 2017 se kampioen, het hom Woensdag kort ná die begin van die skof onttrek.

Hy was Dinsdag in ’n botsing betrokke en het sy linkerknie beseer. Die ongeluk het sowat 6 km van die eindstreep gebeur.

Die Nederlander, wat vir Sunweb deelneem, was een van die vroeë gunstelinge. Die mediese span het hom die jawoord gegee om verder deel te neem, maar die pyn was te erg, het sy span op Twitter gesê.

Donderdag se sesde skof tussen Cassino en San Giovanni Rotondo is 238 km.

Die wedren eindig op 2 Junie in Verona. – Reuters

Meer oor:  Pascal Ackermann  |  Fietsry  |  Giro D’Italia
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.