Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gimmies wen Wildeklawer-netbalkroon

Koninginne van Kimberley en die Paarl!

Danielle van Nieuwenhuizen van Gimmies. Foto: Facebook

Die o.19A-netbalspan van Paarl Gimnasium het Vrydag sy derde oorwinning vanjaar oor sy “aartsvyand”, die Hoër Meisieskool Paarl, behaal.

Die sege van 31-22 is die belangrikste een van 2019, want dit was die interskole-stryd op sy tuisbaan.

Gimmies het in Mei vanjaar ook koning gekraai in die Wildeklawer-toernooi in Kimberley.

Hulle het Vrydag nie ’n goeie begin gehad nie en ná die eerste kwart met 5-7 agtergeloop.

Gimmies het egter daarna hul durf en talent begin wys en munt geslaan uit HMS se foute.

Hulle het rustyd met 16-11 voorgeloop. Hulle het hul balbesit beter behou en hul doele, Lara Mouton en Imke van der Merwe, se visier was in die kol.

Charmaine Beetge, die Gimmie-afrigter, sê haar span is ’n meer afgeronde een en dit tel in sy guns dat hy vanjaar al in meer eindstryde en halfeindstryde gespeel het.

Beetge het in die derde kwart al haar plaasvervangers gebruik en Gimmies het hul stempel afgedruk om met 23-15 voor te loop.

HMS het in ’n stadium die gaping tot vyf doele laat krimp, maar op die ou end was die tuisspan net te sterk.

Danielle van Nieuwenhuizen, Gimmies se hulpdoelverdediger, het ’n paar onderskeppings gemaak en is as die Speler van die Wedstryd aangewys.

“Ja, sy kan ’n wedstryd draai,” sê Beetge.

HMS se o.17A’s was met 21-13 baas.

* Gimmies se o.19A-meisieshokkiespan het HMS met 3-2 geklop. 

Meer oor:  Paarl  |  Paarl Gimnasium  |  Netbal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.