Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Gimnastiek VSA ‘bankrot’ oor sekspes-eise

Gimnastiek VSA het eindelik van die balansbalk getuimel toe hy Woensdag aansoek om bankrotskap gedoen het.

Larry Nassar, voormalige spandokter van Gimnastiek VSA, is in Februarie lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy gimnaste seksueel mishandel het. Foto: Getty Images

Dié sportliggaam het aangedui hy het dié besluit geneem weens regskoste wat ophoop, nadat honderde vroue na vore gekom en hom gedagvaar het met bewerings van seksuele mishandeling teen Larry Nassar, Gimnastiek VSA se voormalige spandokter.

Kathryn Carson, dié liggaam se voorsitter, het dié regsgedinge as rede voorgehou vir hul besluit om beskerming te soek van skuldeisers in die federale bankrotskapshof in Indianapolis.

“Ons organisasie is finansieel stabiel, buiten die honderde hofsake wat ons tans in die gesig staar,” het sy op ’n nuuskonferensie gesê.

“Dit is hoekom ons die aansoek ingedien het.”

Nassar is verlede jaar in Februarie altesaam 300 jaar se tronkstraf opgelê in twee verskillende hofsake in Michigan, nadat meer as 350 vroue teen hom getuig het. Dit het die Olimpiese kampioene Aly Raisman en Jordyn Wieber ingesluit.

Die skandaal het tot gevolg gehad dat die hele raad van Gimnastiek VSA bedank het, asook die rektor en atletiekdirekteur by Michigan State-Universiteit, waar Nassar gewerk het.

Die universiteit het ook ingestem om $500 miljoen (sowat R6,9 miljard) se skadevergoeding aan die slagoffers te betaal.

Volgens John Manly, ’n prokureur wat sowat 150 van die slagoffers verteenwoordig, sal al die hofsake deur die vroue wat Nassar aangekla het vir eers moet wag voor hulle kan voortgaan.

Verder het twee uitvoerende hoofde van Gimnastiek VSA ook bedank weens kritiek oor hoe hulle dié saak hanteer het.

Die organisasie is daarvan beskuldig dat hy vir ’n geruime tyd al bewus was van klagtes teen Nassar, maar nie ondersoek ingestel het nie.

Die aansoek om bankrotskap kan egter dinge aansienlik moeiliker vir die slagoffers maak om skadevergoeding te bekom.

Gewoonlik sal só ’n petisie beteken dat enige geskille tydelik stopgesit word terwyl die proses homself in die bankrotskapshof afspeel.

Volgens John Manly, ’n prokureur wat sowat 150 van die slagoffers verteenwoordig, sal al die hofsake deur die vroue wat Nassar aangekla het vir eers moet wag voor hulle kan voortgaan.

Volgens Scott Shollenbarger, Gimnastiek VSA se finansiële direkteur, sal die koste van die hofsake tussen $75 miljoen en $100 miljoen beloop.

“Die slagoffers se eise kan die beskikbare fondse van Gimnastiek VSA oorskry,” het hy in ’n beëdigde verklaring gesê.

Carson sê die slagoffers se eise sal deur Gimnastiek VSA se versekeraars betaal sal word, hoewel Shollenbarger meen dat dit nie genoeg sal wees om al die koste te dek nie.

Vir Amerikaanse gimnaste wat voorberei vir die Tokio-Spele in 2020, kom al hierdie woelinge op ’n baie ongeleë tyd.

Die Amerikaanse Olimpiese Komitee, wat ook deur verskeie van die slagoffers gedagvaar is, het ’n klag teen Gimnastiek VSA ingedien en ook versoek dat ’n nuwe liggaam vir dié sport gekies moet word.

Dié poging sal ook eers moet wag totdat die hofsaak rakende die bankrotskap afgehandel word.

Gimnastiek VSA het in sy aansoek bates ter waarde van $100 miljoen gelys en dieselfde bedrag ook vir laste.

Carson het egter aangedui dat dié liggaam nie beoog om sy deure te sluit nie.

“Ons sal beslis voortgaan as ’n niewinsgewende organisasie wat die sport dien,” het sy gesê.

Vir Amerikaanse gimnaste wat voorberei vir die Tokio-Spele in 2020, kom al hierdie woelinge op ’n baie ongeleë tyd. 

– Reuters

Meer oor:  Olimpiese Spele  |  Gimnastiek  |  Kathryn Carson  |  Larry Nassar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.