Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Giro: Bernal kan status as breker herbevestig

In die volgende paar weke kry die Colombiaanse fietsryer Egan Bernal, wat die Tour de France in 2019 gewen het, die geleentheid om te wys dat daardie sege destyds nie ’n gelukskoot was nie.

Bernal, wat allermins nie ’n gelukkige 2020 beleef het nie, is in die Ineos Grenadiers se span ingesluit vir die Giro d’Italia, wat Saterdag begin.

Egan Bernal op die podium ná afloop van die 21ste en laaste skof van die Tour de France in 2019. Foto: Getty Images

Die eerste skof is ’n individuele tydtoets oor 8,6 km in Turyn.

Bernal (24), wat vir sy eerste Giro sal aantree, en die Rus Pavel Sivakov sal dié span se leierskapsrol deel.

Daar was groot verwagtinge gekoester dat Bernal in 2020 sy titel suksesvol in die Tour sou verdedig.

Hy was egter van die begin af onder druk en het vroeg tyd verloor teen ryers soos Primoz Roglic (Jumbo-Visma) en Tadej Pogacar (UAE). Bernal het ná afloop van die 16de skof weens ’n rugbesering die handdoek ingegooi.

Egan Bernal tydens die Tour de France in 2019. Foto: Getty Images

Reeds vroeg vanjaar het sy span aangedui dat sy fokus vir 2021 die Giro is.

Daar is tekens dat Bernal vanjaar sy beste peil aan die herwin is. Hy was immers derde in die Strade Bianche, ’n eendagwedren, en vierde in die Tirreno-Adriatico, wat oor sewe skofte beslis is.

Die Giro is van onskatbare waarde vir Bernal.

“My mikpunt vir die Giro vanjaar is om weer die Egan te wees wat daarvan hou om aan te val, die Egan wat nie bang is om agtergelaat te word nie,” het Bernal vroeër vanjaar op cyclingnews.com gesê.

In die afwesigheid van die Brit Tao Geoghegan Hart, 2020 se kampioen (wie se fokus vanjaar die Tour de France is), is Bernal ’n sterk aanspraakmaker om die Giro te wen.

Ander ryers wat as moontlike wenners beskou word, is die Brit Simon Yates (BikeExchange) en Remco Evenepoel (Deceuninck-QuickStep) van België. – Sportredaksie

Meer oor:  Giro D'italia  |  Egan Bernal  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.