Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
G’n wonderkuur, sê Schumacher se dokter
Dokter Jean-Francois Payen sê hy besoek Michael Schumacher nog van tyd tot tyd om sy vordering te monitor. Foto: Getty Images

Daar is nie ’n “wonderkuur” vir die legendariese Formule Een-renjaer Michael Schumacher se behandeling nie.

Stuff berig Jean-Francois Payen, die eerste dokter wat vyf jaar gelede bevestig het Schumacher (50) is nie meer in ’n koma nie, het aan die Duitse publikasie In touch gesê daar is ’n plan om die sewemalige F1-wêreldkampioen se herstel soveel moontlik in die volgende klompie jare te bespoedig.

Schumacher het in Desember 2013 ernstige breinbeserings in ’n ski-ongeluk in die Franse Alpe opgedoen. Baie min inligting is sedertdien bekend oor die motorsportlegende se gesondheid, maar hy kan glo nie loop of staan nie.

“Daar is ’n plan van een tot drie jaar vir die regenerasietydperk,” sê Payen.

“Ek besoek hom steeds van tyd tot tyd en bespreek enige vordering wat ek opmerk met sy gesin.”

Michael Schumacher se behandeling duur voort. Foto: Getty Images

Die Franse chirurg Philippe Menasché het ook aan In touch bevestig Schumacher het in September in Parys se Georges Pompidou-hospitaal stamsel-behandeling ontvang.

“Ons het hom ontvang en daar behandel,” sê hy.

“Maar dit was van meet af aan duidelik dat daar nie wonderwerke met hom sou gebeur gedurende terapie nie.”

Net ’n handjievol mense word toegelaat om Schumacher te besoek en sy vrou, Corinna, besluit glo wie hom mag sien.

– Sportredaksie

Meer oor:  F1  |  Formule Een  |  Motorsport  |  Michael Schumacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.