Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Oefenvelde weer oop vir atlete

Suid-Afrika se beroepsatlete het Donderdag uiteindelik goeie nuus gekry: hulle mag terugkeer na die sportvelde en swembaddens waar hulle oudergewoonte oefen.

Tatjana Schoenmaker en haar medeswemmers mag uiteindelik weer in openbare swembaddens gaan oefen. Foto: Gallo Images

Die nasionale Covid-19-bevelsraad het Donderdag sy vlak 3-maatreëls bekend gemaak. Volgens dié maatreëls bly sportgronde en swembaddens toe vir almal behalwe professionele atlete wat daar wil oefen.

Daarbenewens mag sportwedstryde weer plaasvind, mits dit in ’n nie-kontaksport is. Dit is goeie nuus vir die federasies van onder meer gholf, tennis en swem, wat almal gepleit het vir ’n hervatting op grond daarvan dat sosiale afstand in dié sportsoorte gehandhaaf kan word.

By wedstryde sal net atlete, wedstrydbeamptes, joernaliste, mediese personeel en televisiepersoneel toegelaat word.

Vir die gewone man op straat wat smag na ’n potjie gholf, vir kinders wat weer na hul gimnastiekklubs wil terugkeer of diegene wat in die gimnasium wil gaan sweet, duur die wag in vlak 3 voort.

Meer volg later.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Covid-19  |  Inperkingsmaatreëls
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.