Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Golovkin, Alvarez foeter mekaar weer
Gennady Golovkin (links) en Canelo Alvarez het mekaar verlede jaar in Las Vegas met omtrent alles behalwe die krytstoele geslaan. Foto: Getty Images

Skuif reg vir die boksgeveg van die jaar!

Gennady Golovkin en Canelo Alvarez het eindelik ingestem om op 15 September weer teen mekaar te boks.

Gennady Golovkin en Canelo Alvarez het altwee gedink hy het genoeg gedoen om die geveg te beklink – maar dit was gelykop. Foto: Getty Images

Waar dié herontmoeting gaan plaasvind, moet nog bekend gemaak word.

Dit kan weer in Las Vegas wees, waar hulle verlede jaar in September gelykop geboks het.

Die twee middelgewigte sou mekaar reeds op 5 Mei in Las Vegas gepak het, maar Alvarez moes weens ’n skorsing onttrek.

Die Nevada State Athletic Commission het hom vir ses maande geskors omdat hy ’n verbode opkikker gebruik het.

Alvarez hou steeds vol dat hy die middel ingekry het toe hy besmette vleis geëet het.

Golovkin het die Mexikaan én sy promotor, Oscar de la Hoya, die afgelope paar maande kwaai kritiseer oor dié opkikkerstorie.

Die briljante vegter van Kazakhstan wou eers niks met Alvarez te doen gehad het nie, maar die druk vanuit die ondersteunersgeledere was net té groot.

* Golovkin was toe wel op 5 Mei in aksie toe hy Vanes Martirosyan in die tweede ronde in Carson, Amerika, uitgeslaan het.

In sy laaste geveg het Golovkin vir Vanes Martirosyan van Armenië in die tweede ropnde uitgeslaan. Foto: Getty Images

Golovkin is die Wêreldboksraad en Wêreldboksvereniging se kampioen.

Die Internasionale Boksfederasie het hom vroeër hierdie maand van sy titel gestroop omdat hy dit nie binne ’n sekere tyd teen die eerste aanspraakmaker, Sergiy Derevyanchenko van die Oekraïne, verdedig het nie.

Meer oor:  Boks  |  Canelo Alvarez  |  Gennady Golovkin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.