Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Golovkin bobaas in New York

Gennady Golovkin is weer ’n wêreldbokskampioen ná hy Sergiy Derevyanchenko Sondagoggend (SA tyd) in ’n brutale geveg in New York verslaan het.

Gennady Golovkin en Sergiy Derevyanchenko besig om die wit waks uit mekaar te slaan Sondagoggend (SA-tyd) in New York. Foto: AP
Dit het soms gelyk of Golovkin nie meer die totale vegter is wat hy eens was nie. Hy het weliswaar gewys hy kan steeds ’n harde hou verduur. Foto: AP

Golovkin was met punte oor 12 rondes baas om die vakante middelgewigtitels van die Internasionale Boksfederasie en die Internasionale Boksorganisasie syne te maak.

Die puik vegter van Kasakstan het homself egter so byna teen sy teenstander van Oekraïne vasgeloop.

Golovkin het goed begin en Derevyanchenko in die eerste ronde platgeslaan.

In die tweede ronde het Golovkin ’n lelike sny bo Derevyanchenko se regteroog oopgeslaan.

Die bloed het Derevyanchenko na ’n volgende rat laat oorslaan. Van die derde ronde af het hy verwoed ingeklim en Golovkin soms op die agtervoet gekry.

Dit was ’n gewerskaf in Derevyanchenko se hoek om die bloeding uit ’n sny bo sy regteroog te stop. Foto: AP

Hy het Golovkin ’n paar keer met lyfhoue seergemaak, maar teen die einde was dit die meer ervare Golovkin wat met meer houe getref het.

Albei Derevyanchenko se oë was ná die geveg toegeswel. Sy hoekhelpers moet wel krediet kry dat hulle die bloeding van die sny so goed hanteer het.

“Dit was nie maklik nie. Hy is ’n baie taai ou,” het Golovkin van sy teenstander gesê.

Golovkin hoop steeds om weer teen Canelo Alvarez van Mexiko, wat verlede jaar sy titels van die Wêreldboksraad en Wêreldboksvereniging afgeneem het, te boks.

Derevyanchenko sal op sy beurt nie maklik in die toekoms van ’n wêreldtitel weggehou kan word nie. Hy het dit met ’n uitstekende vertoning teen Golovkin bewys.

Met so min te kies tussen die twee vegters is ’n herontmoeting ook nie uitgesluit nie.

Twee beoordelaars het die geveg met 115-112 aan Golovkin toegeken met nog een wat gedink het hy was met 114-113 baas.

Meer oor:  Boks  |  Gennady Golovkin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.