Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
KYK: Golovkin wil Alvarez met dié hou knak

As Gennady Golovkin Saterdag in Las Vegas vir Canelo Alvarez met sy sogenaamde Ginger snap-hou tref, is dit die einde van die geveg.

Abel Sanchez en Gennady Golovkin ná een van die vegter van Kasakstan se oorwinnings. Foto: Getty Images

Só glo Abel Sanchez, Golovkin se afrigter. Golovkin en Alvarez pak mekaar om te bepaal wie is die beste middelgewigbokser in die wêreld.

Nou maar wat is die Ginger snap nou, sal mense graag wil weet.

Sanchez is nie skaam om oor dié hou te gesels nie. In ’n onderhoud met WBN sê hy die geveg in 2004 tussen Oscar de la Hoya en Bernard Hopkins het hom dit laat ontwikkel.

“Ek het na beeldmateriaal van die geveg gekyk en gesien hoe Bernard vir Oscar met ’n perfekte hou op die lewer in sy spore laat vassteek. Ek gee gewoonlik nie ons gevegsplan weg nie, maar ek gee nie om om ’n deel daarvan te verklap nie. Gennady het geoefen om dieselfde met Canelo te doen,” sê Sanchez.

Toe Hopkins De la Hoya in die negende ronde met ’n linkerhaakhou op die lewer tref, het De la Hoya inmekaargesak en in pyn op die krytvloer rondgekrul.

Dit het gelyk asof hy in trane gaan uitbars.“Dié hou is die Ginger snap,” sê Sanchez.

Die naam is gepas aangesien Alvarez gemmerkleurige hare het. Party mense sou die Mexikaner eerder as ’n kerriekop beskryf.

Is Canelo Alvarez se hare en baard kerrie- of gemmerkleurig? Foto: Getty Images

Dit sal ironies wees as Golovkin Alvarez met sy Ginger snap uitslaan, want De la Hoya is Alvarez se promotor.

Toe die twee boksers verlede jaar kragte gemeet het, was dit opvallend dat Golovkin minder lyfhoue as gewoonlik geslaan het.

Dit klink asof hy dit hierdie keer meer gaan doen.

In 2004 het hy Daniel Geale juis met ’n hou op die lewer planke toe gestuur.


Meer oor:  Boks  |  Canelo Alvarez  |  Gennady Golovkin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.