Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Goue Impey maak wéér so in fietstoer

Die Suid-Afrikaanse fietsryer Daryl Impey het Sondag die Tsjeggiese toer gewen. Dit is oor vier skofte beslis.

Daryl Impey het Sondag weer op die boonste trappie van die podium gestaan. Foto: Getty Images

Impey, wat vir die Mitchelton-Scott-span ry, se tyd was 13 uur, 22 minute en 59 sekondes. Sy Australiese spanmaat Lucas Hamilton was nege sekondes ná hom in die tweede plek. .

Die boorling van Johannesburg het die laaste skof oor 178 km tussen Mohelnice en Šternberk in die tweede plek voltooi, nadat hy reeds ná afloop van die tweede skof die voorloper se trui gedra het.

Die 34-jarige Impey, wat vroeër vanjaar die negende skof van die Tour de France gewen het, sê in ’n mediaverklaring die oorwinning is spesiaal.

“Dit was ’n wonderlike seisoen, maar die onderliggende rede (vir sy sukses) is al die werk wat die span agter die skerms ingesit is. Ek is net gelukkig om baat te vind by die werk wat gedoen is, en dit is lekker om goeie uitslae te behaal.”

Behalwe dat Impey vanjaar die Tour Down Under in Australië ’n tweede agtereenvolgende jaar gewen het, is hy ook die Suid-Afrikaanse pad- en tydtoetskampioen. – Sportredaksie

Meer oor:  Daryl Impey  |  Tsjeggiese Toer  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.