Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Goue Gerda hardloop 2:27 in New York

Geïnspireer deur die Springbokke se Wêreldbeker-glorie Saterdag in Japan, het Gerda Steyn, die Comrades- en Twee Oseane-kampioen, Sondag op ’n koue sonskyndag (11 ºC) in die New York-marathon die eerste keer deur die grens van 2 uur en 30 minute gebreek.

Gerda Steyn. Foto: Argief

Die 29-jarige Steyn het die wedloop in ’n puik 2:27:48 voltooi en 11de geëindig.

Met dié vertoning het die Nedbank-atleet vir volgende jaar se Olimpiese Spele in Tokio gekwalifiseer.

Steyn is nou die vyfde Suid-Afrikaanse vrou wat die marathon al vinniger as 2:30 kon hardloop.

Die vier ander is Colleen de Reuck (2:26:35, Berlyn, 1996), Elana Meyer (2:27:17, Boedapest, 2001), Frith van der Merwe (2:27:15, Port Elizabeth, 1990) en René Kalmer (2:29:27, Berlyn, 2014).

Die Keniaan Joyciline Jepkosgei wen Sondag die afdeling vir vroue in die New York-marathon in 2:22:38. Foto: Reuters

Steyn het haar vorige beste tyd van 2:31:04 verlede jaar ook in New York opgestel, toe sy 13de was. Sy het gehoop om Sondag onder die voorste tien te eindig, maar haar tyd het vir dié “teleurstelling” vergoed.

Die boorling van Bothaville in die Vrystaat het verlede week gesê sy sal ná Sondag se wedloop besluit of sy volgende jaar weer aan die Comrades en die Twee Oseane sal deelneem.

Waarskynlik nie.

Steyn is in 34:49 verby die 10 km-kerf, in 1:13:44 verby die halfpadkerf (21,1 km) en in 2:02:40 verby die 35 km-kerf.

Die oud-Comrades-kampioen Nick Bester, haar afrigter, was verheug. “Dis ’n puik tyd op ’n moeilike roete en haar tyd was amper vier minute vinniger as haar vorige beste. Puik.

“Die New York-marathon is omtrent drie minute stadiger as die vinnige stadmarathons.”

Die Keniaan Joyciline Jepkosgei het die afdeling vir vroue gewen in 2:22:38 en haar landgenoot Mary Keitany (tweede in 2:23:32) van ’n vyfde agtereenvolgende oorwinning in dié wedloop weerhou.

Nóg ’n Keniaan, Geoffrey Kamworor, die kampioen van 2017, het dié keer weer eerste oor die eindstreep in Central Park gehardloop. Sy wentyd was 2:0813.

Albert Korir (2:08:36), óók van Kenia, was die naaswenner.

Geoffrey Kamworor wen Sondag die New York-marathon. Foto: Reuters

*In die afdeling vir rolstoelatlete het Suid-Afrika se Ernst van Dyk (46), ’n tweemalige wenner in New York en tienmalige Boston-kampioen, vyfde geëindig in 1:40:00. Hy het net meer as twee en ’n half minute ná die Amerikaner Daniel Romanchuk (1:37:24), die wenner, oor die eindstreep gery.

* In die moeilike Soweto-marathon hoog bo seevlak in Johannesburg het die Olimpiese marathonatleet Irvette van Blerk haar derde agtereenvolgende oorwinning (2:34:01) behaal ná ’n operasie skaars drie maande gelede.

Die Ethiopiër Debeko Dakamo Dasa het die manswedloop in 2:18:35 gewen.

Meer oor:  New York-Marathon  |  Gerda Steyn
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.