Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Groenewegen wen 7de Tour de France-skof
Myne! Dylan Groenewegen (Jumbo-Vismas) ná sy sege in die sewende skof van die Tour de France. Foto: AP

Die Nederlandse fietsryer Dylan Groenewegn (Jumbo-Visma) het Vrydag sy onlangs terugslag in die Tour de France opsy geskuif toe hy die sewende skof van vanjaar se Tour met ’n paar millimeter gewen het.

Die plat skof oor 230 km het van Belfort na Chalon-sur-Saône gestrek.

Caleb Ewan (Lotto-Soudal) was tweede en Peter Sagan (Bora Hansgrohe) derde.

Groenewegen het in die eerste skof, wat deur sy spanmaat Mike Teunissen gewen is, 8 kilometer voor die eindstreep geval. Hy het behandeling vir snywonde aan sy knieë en gesig ontvang, maar kon saam met ’n hele paar ander gunstelinge wat ook geval het, voortjaag.

Ek vaar elke dag beter. Ek het gesê dat ek tyd nodig het, want ek het nie goed oor die eerste paar skofte gevoel nie.
Dylan Groenewegn

“Ek vaar elke dag beter. Ek het gesê dat ek tyd nodig het, want ek het nie goed oor die eerste paar skofte gevoel nie. Ons het dit vandag reggekry en dit was wonderlik.

“Ek was agter Krisoff (Alexander Kristoff, UAE Team Emirates) en met 200 meter oor, het ek versnel. Ek het die bene om nou te wen. Só vanaand gaan ons feesvier en dalk ook môre,” het Groenewegen aan cyclingnews.com gesê.

Dit was Groenewegen se vierde skofoorwinning in die Tour.

* Giulio Ciccone het Vrydag die geeltrui as algehele voorloper behou toe hy in die bondel geëindig het.

Daryl Impey

* Suid-Afrika se Daryl Impey (Mitchelton-Scott) is 69ste geplaas met Reinhardt Janse van Rensburg (Dimension Data) 82ste, hoewel dieselfde tyd aan die voorste 84 jaers toegeken is.

* Die Trek-Segfredo-span is eerste en die Suid-Afrikaanse Dimension Data-span 15de, 33 minute en 37 sekondes agter die voorloper.

Saterdag se agtste skof oor 200 km vind tussen Macon en Saint-Etienne plaas. – letour.com

Meer oor:  Daryl Impey  |  Dylan Groenewegn  |  Belfort  |  Dimension Data  |  Geeltrui  |  Fietsry  |  7De Skof  |  Tour De France
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.