Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nog Sport
Groot fietsry-prestasie vir SA vrou

Suid-Afrika se Ashleigh Moolman-Pasio (Cervélo Bigla Pro) het Sondag met ’n algehele tweede plek in die Giro Rosa – een van die vernaamste fietstoere vir vroue – weggery.

Moolman-Pasio was Sondag sewende in die 10de en laaste skof.

Ashleigh Moolman-Pasio (naaslinks) vier haar tweede plek in die Giro Rosa. Foto: Verskaf

Sy was die eerste vrou van Afrika om ’n algehele podiumplek los te ry.

“Dis die eerste keer dat ’n plek op die podium in die Giro Rosa kry. Dit sal lekker wees om die fietstoer een keer in my loopbaan te wen en hierdie was die naaste wat ek daaraan gekom het, so ek sal aanhou veg.

“Dit is nogal ’n emosionele ervaring om ’n plek op die podium te kry,” sê Moolman-Pasio.

Annemiek van Vleuten van Nederland was die algehele wenner.

Moolman-Pasio se spanmaat, die 22-jarige Cecilie Uttrup Ludwig, was in die sesde algehele plek, ’n merkwaardige uitslag vir die jeugryer.

Ná ’n dag van rus, sal die span Dinsdag aantree vir die La Course by die Tour de France. – Sportredaksie

Meer oor:  Ashleigh Moolman-Pasio  |  Fietstoer  |  Fietsry
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.